From Wikipedia, the free encyclopedia
Die St. Croix-argipel lê in die westekant van Algoabaai, noordoos van Port Elizabeth, tussen die mondings van die Sondagsrivier en die Swartkopsrivier, en bestaan uit die rotsagtige eilandjies St. Croix, Brenton en Jahleel.
St. Croix is 12 ha groot, 700 m lank van noordwes tot suidoos, op sy breedste 360 m, op sy hoogste 60 m bo seevlak en 4 km van die naaste land. Dit lê op 33° 47' 58″ suid en 25° 46' 11″ oos.
Brenton lê op 33° 49' 3″ suid en 25° 45' 54″ oos. Dit is 250 m by 200 m groot, bereik 'n hoogte van 20 m bo seevlak en is 6 km van die kus.
Jahleel (soms Jakkals genoem) is net kleiner as Brenton, maar is slegs 10 m hoog. Dit lê 1 km van die strand en amper teen die hawehoof van die nuwe Ngqura-hawe by die mond van die Koegarivier.
Vroeg in Maart 1488 het Bartholomeus Dias en sy geselskap St. Croix besoek, 'n hout kruis opgerig en 'n kerkdiens gehou. Dias het die eilandjie Santa Cruz genoem. Die ander twee eilandjies is genoem na Jahleel Brenton (1770–1844), 'n Amerikaanse vlootoffisier en kunstenaar. Tans vorm die argipel deel van die Addo-olifant Nasionale Park.
Van plantegroei is daar op die eilandjies byna geen sprake nie. Seevoëls, soos die brilpikkewyn, swarttobie, witborskormorant en die trekkormorant kom in groot getalle voor.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.