Indiese aktrise From Wikipedia, the free encyclopedia
Sridevi Kapoor, gebore as Shree Amma Yanger (* 13 Augustus 1963, Sivakasi, Tamil Nadu; † 24 Februarie 2018 in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate) was 'n Indiese aktrise. Sy was een van die mees suksesvolle akteurs van die Indiese filmwêreld van die jare tagtig.
Sridevi | |
Sridevi in 2013 | |
Geboortenaam | Shree Amma Yanger Ayyapan |
---|---|
Alias | Sridevi |
Geboorte | Sivakasi, Tamil Nadu, Indië | 13 Augustus 1963
Sterfte | 24 Februarie 2018 (op 54) Doebai, Verenigde Arabiese Emirate |
Nasionaliteit | Indië |
Ouers | Ayyapan en Rajeswari |
Lewensmaat | Mithun Chakraborty (1985–1988; geskei)[1][2] Boney Kapoor (1996–2018; haar dood) |
Kinders | Jahnavi Kapoor, Khushi Kapoor |
Beroep(e) | Aktrise, produsent |
Aktiewe jare | 1967–1997, 2012–2018 |
Toekennings | Padma Shri (2013)[3] |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sridevi het haar loopbaan al in haar kinderjare begin. Sy het rolle in plaaslike Suid-Indiese films gespeel voordat sy rolle van heldinne in Bollywoodfilms begin vertolk. In haar vroeë jare het sy 19 maal saam met Jeentendra gewerk. Enkele van haar grootste suksesse is Nagina, Mr. India, Chaalbaaz en Chandni, films wat spesiaal vir haar geskryf is. Die hoogtepunt van haar loopbaan het met die film Lamhe gekom, die film is deur Yash Chopra geregisseer. Sridevi was lid van die bestuur van die Asiatiese Akademie vir film en televisie. Die Indiese regering het haar met die Padma Shri bekroon.
Op 2 Junie 1996 trou Sridevi met Boney Kapoor. Hulle het 2 dogters: Jhanvi en Khushi. Sy is op 24 Februarie 2018 in Doebai aan 'n hartstilstand oorlede.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.