Amerikaanse ruimtevaartvervaardiger en ruimtevervoermaatskappy From Wikipedia, the free encyclopedia
Space Exploration Technologies Corp., wat sake doen as SpaceX, is 'n Amerikaanse ruimtevaartvervaardiger en ruimtevervoermaatskappy met sy hoofkantoor in Hawthorne, Kalifornië. Dit is in 2002 deur die entrepreneur Elon Musk gestig met as doel die verlaging van ruimtevervoerkoste sodat die uiteindelike kolonisasie van Mars kan plaasvind.[1] SpaceX het sedertdien die Falcon-lanseervoertuie en die Dragon-ruimtetuie ontwikkel; albei word tans gebruik om ruimtetuie in lae wentelbane om die Aarde te plaas.
Space Exploration Technologies Corp. | |
Tipe | Ruimtemaatskappy |
---|---|
Gestig | 6 Mei 2002 |
Stigter(s) | Elon Musk |
Hoofkantoor | Hawthorne, Kalifornië, VSA 33.9207°N 118.3278°W |
Sleutelpersone | Elon Musk Gwynne Shotwell Tom Mueller |
Produkte | Falcon-loodsvoertuie Dragon-ruimtetuie ASDS-landingsplatform |
Dienste | Orbitale vuurpyllansering |
Werknemers | Geraam op 7 000 (November 2017) |
Eienaar | Elon Musk Trust (54% aandele, 78% stemreg) |
SpaceX se prestasies sluit in die eerste privaat vloeibaredryfmiddel-vuurpyl wat in 'n wentelbaan om die Aarde geplaas is (Falcon 1 in 2008);[2] die eerste privaat maatskappy wat suksesvol 'n ruimtetuig kon lanseer, in 'n wentelbaan plaas en terugbring (Dragon in 2010); die eerste privaat maatskappy wat 'n ruimtetuig na die Internasionale Ruimtestasie kon stuur (Dragon in 2012);[3] die eerste vertikale landing van 'n orbitale vuurpyl (Falcon 9 in 2015); en die eerste hergebruik van 'n orbitale vuurpyl (Falcon 9 in 2017).
Teen Maart 2017 het SpaceX-tuie die Internasionale Ruimtestasie reeds 10 keer besoek. Nasa het ook 'n verdere ontwikkelingskontrak in 2011 aan SpaceX toegeken om 'n weergawe van die Dragon-ruimtetuig te ontwikkel en te demonstreer dat dit die vermoë het om mense na die buitenste ruim te vervoer. Hierdie ruimtetuig sal onder meer deur Nasa gebruik word om ruimtevaarders na en van die Internasionale Ruimtestasie te vervoer.[4]
SpaceX ontwikkel tans Starlink, 'n satellietnetwerk wat internettoegang verskaf.
Tydens SpaceX se 2024 Polaris Dawn-sending sal die eerste private ruimtewandeling ooit plaasvind, wat 'n groot mylpaal in kommersiële ruimteverkenning is.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.