From Wikipedia, the free encyclopedia
De Soechoi Su-33 (NAVO-kodenaam: Flanker-D) is 'n veeldoelige jagvegvliegtuig van die Russiese Vloot. Dit is eintlik 'n verbeterde en verder ontwikkelde Soechoi Su-27, maar is aangepas om vanaf 'n vliegdekskip ontplooi te word.
Soechoi Su-33 | |
---|---|
Rol: | Jagvegvliegtuig |
Bemanning: | 1 |
Eerste vlug: | 17 Augustus 1987 |
Aantal gebou: | 24 |
Status | |
Gebruik deur: | Russiese Vloot |
Status: | In aktiewe diens |
Afmetings | |
Lengte: | 21,19 m |
Vlerkspan: | 14,70 m |
Massa | |
Maks. brandstoflading: | 9 400kg |
Maks. wapenlading: | 6 500kg |
Maks. opstygmassa: | 33 000kg |
Aandrywing | |
Enjins: | 2× Saturn AL-31F3 |
Stukrag: | 2× 75 kN, naverbrander: 123 kN |
Topsnelheid: | Mach 2,35 |
Togafstand: | 3 000km |
Maks. hoogte: | 17 000m |
Bewapening | |
Boordkanon: | 1× GSh-301 30 mm, 150 rondes |
Ophangpunte: | 12 |
Lugaanvalswapens: | R-27ER, -EM, R-27ET, R-73 |
Grondaanvalswapens: | Bomme, vuurpyle |
Skipaanvalswapens: | Kh-41 Sunburn |
Die Su-33 lyk nogal baie soos die Su-27 betreffende die uiterlike, bewapening en kajuit. Die meeste veranderinge is aangebring om die vliegtuig geskik te maak om vanaf vliegdekskepe te bedryf. Een van die verbeteringe was om die landingstel te verstewig en 'n tweede neuswiel is bygevoeg. Die vlerke kan opvou om plek in die vliegtuigloods te spaar. Die vliegtuig het ook 'n haak om die vangkabel te vang en klein stabiliseringsvlerkies wat help tydens opstyging en landing vanaf die vliegdek aan boord van die Admiraal Koeznetsov. Die Su-33 kan met sy gevorderde elektronika volledig met sy outomatiese loods op die Admiraal Koeznetsov land. Die Su-33 kan in die lug vanaf 'n brandstoftenker hervul word, en kan ook self as brandstofdraende vliegtuig gebruik word.
Aan boord van die Admiraal Koeznetsov vervul die Su-33 verskeie rolle. Die vliegtuig is verantwoordelik vir vlootverdediging en -verkenning, maar ook opsporing en lê van seemyne, aanvalle op oppervlakskepe en bied algemene lugsteun.
Die Su-33 kan sowel vir lug-tot-lug as lug-tot-grond gevegte gebruik word. In die grondaanvalsrol kan verskeie geleide en ongeleide missiele gebruik word, soos die Kh-29T bomme en missiele. Terselfdertyd is die Su-33 toegerus met lug-tot-lug missiele soos die R-27EM wat spesifiek ontwikkel is om kruismissiele te onderskep en te vernietig.
Net soos by die Su-27 kan die Su-33 onderling hul radargegewens met mekaar deel via 'n dataverbindig, sodat elke vliegtuig in die vlug die ander se radarskerms kan sien.
Die Su-33 beskik ook oor 'n hittesoekende optiese soekstelsel wat vliegtuie, helikopters en missiele tot 70 km ver kan opspoor.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.