Egiptiese aktrise (1943-2001) From Wikipedia, the free encyclopedia
Soad Hosny (Arabies: سعاد حسني, uitgespreek [soˈʕæːd ˈħosni]; 26 Januarie 1943 [1] – 21 Junie 2001) was 'n Egiptiese[2] aktrise wat in Kaïro gebore is. Sy was bekend as die "Aspoestertjie van die Egiptiese rolprentwese" en een van die invloedrykste aktrises in die Midde-Ooste en die Arabiese wêreld.[3] Sy het aan die einde van die vyftigerjare na sterstatus gestyg en tussen 1959 en 1991 in meer as 83 films opgetree met 'n krediet van 9 films in die grootste 100 films in die geskiedenis van die Egiptiese rolprentwese. 'n Meerderheid van haar films is in die 1960's en 1970's geskiet. Haar laaste skermverskyning was in die 1991 rolprent, The Shepherd and the Women, onder regie van haar eksman, Ali Badrakhan.[4]
Soad Hosny | |
Soad Hosny in die 1960s | |
Geboortenaam | Soad Muhammad Kamal Hosny Kamal El Baba |
---|---|
Geboorte | 26 Januarie 1943 Kaïro, Egipte |
Sterfte | 21 Junie 2001 (58 jaar) Londen, Verenigde Koninkryk |
Nasionaliteit | Egipte |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1959–1991 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Soad Muhammad Kamal Hosny is gebore in die Bulaq-distrik in Kaïro, Egipte. Sy is gebore aan Egiptiese ouers volgens haar geboortesertifikaat.[5] Haar pa was 'n kalligraaf met die naam Mohammad Hosni, en sy tweede vrou, Soad se ma, was 'n Egiptiese vrou met die naam Gawhara.[6][7][8][9] Sy het ook agt halfbroers en susters uit haar pa se eerste huwelik gehad. Haar ouers is geskei en haar ma is weer getroud met 'n Egiptiese man, Abdul Monem Hafeez, met wie sy nog ses kinders gehad het, en so het Soad en haar twee susters nie minder nie as 14 half-broers en susters gehad nie.[6]
Haar pa se huishouding was bekend as 'die kunstenaarshuis' omdat vooraanstaande kunstenaars van regoor die Arabiese wêreld gereeld Hosni se huis in Kaïro besoek het vir onderrig en sosiale interaksie met die meester-kalligraaf. Haar pa, wie se artistieke produksie die produksie van tekste vir die stilfilms en boekomslae insluit, was bekend in die artistieke gemeenskap. 'n Aantal van sy kinders het uitvoerende kunstenaars geword. Soad se halfsuster, Najat, was 'n aktrise en sangeres.[7] Haar halfbroer, Ezz Eddin Hosni (1927–2013), was 'n musiekkomponis en het beide Soad en Najat musiek en sang geleer. 'n Ander broer, Sami Hosni, word 'n tjellospeler, juweliersontwerper en ook kalligraaf.[10] terwyl nog 'n broer, Farooq, 'n skilder was en sy dogter Samira ook 'n aktrise.[11]
Op driejarige ouderdom begin sy haar loopbaan toe sy sing in die gewilde kinder-TV-program, Papa Sharo. Haar werk het 'n wye verskeidenheid genres ingesluit - van ligte komedies en romanse tot politieke satire.[12] Haar filmdebuut was in Hasan en Naeima (1959).[13] Sy word gekrediteer om op te tree in films met die bekendste Egiptiese filmsterre soos Omar Sharif, Salah Zulfikar en Rushdy Abaza. Haar bekendste rol was die van 'n universiteitstudent wat verlief geraak het op haar professor in die film, Hassan El Imam se Watch Out for ZouZou (1972).[14]
Ander belangrike filmkrediete sluit in haar rolle in Kamal El Sheikh se Sunset and Sunrise (1970) met Salah Zulfikar en Rushdy Abaza, The Choice (1970) van Youssef Chahine, One Day, the Nile (1972) met Salah Zulfikar, Whom Should We Shoot? (1974) van Kamal El Sheikh, die rol van 'n student en politieke aktivis, wat in Karnak gemartel is (1975), was die film gebaseer op die roman van Naguib Mahfouz. In die film, Shafika en Metwali (1979) met Ahmed Zaki, het sy die musieknommers omskep in skerp satires wat stem gegee het aan die onderdruktes. Vir hierdie en haar ander politieke invloedryke rolle, polities relevante rolle, is sy beskou as deel van die intelligentsia.[12]
Gedurende haar leeftyd was sy bekend as die "Aspoestertjie van die skerm". Sy het gedurende die 60's en 70's in films van elke belangrike Egiptiese regisseur gespeel en vroue in komplekse storielyne gespeel. In haar latere loopbaan speel sy vroue wat mishandel of geviktimiseer is.[15]
As gevolg van siekte tree sy in 1991 af.[16] Hosny se laaste skermverskyning was in Al Ra'i se We El Nissa.[4]
Soad Hosny was vier keer getroud.[17] Omstreeks 1968 was sy getroud met die kinematograaf Salah Kurayyem; die huwelik het ongeveer 'n jaar geduur. In 1970 was Hosny getroud met die Egiptiese filmregisseur Ali Badrakhan; hierdie huwelik het ongeveer elf jaar geduur. Sy is toe getroud met Zaki Fateen Abdel-Wahab, seun van Fateen Abdel Wahab en Leila Mourad in 1981. Hierdie huwelik duur slegs vyf maande.
Sy was romanties verbind met verskeie bekendes, waaronder die Egiptiese filmster, Abdel Halim Hafez.[18]
Op 21 Junie 2001 sterf Soad Hosny nadat sy van die balkon van haar vriendin Nadia Yousri se woonstel in die Stuart Tower-gebou in Londen geval het. Haar dood was in omstredenheid gehul, met owerhede wat aanvanklik nie besonderhede verskaf het oor hoe sy geval het nie; 'n weglating wat mediaspekulasie en gerugte aangevuur het dat haar dood moontlik 'n selfmoord of moord was, eerder as toevallig.[19] Soad se lyk is na Kaïro[17] gevlieg en haar begrafnis daar is deur ongeveer 10 000 mense bygewoon. Sy is begrawe in 'n gesin se stuk grond aan die buitewyke van Kaïro.[20] Sy het geen kinders gehad nie en is oorleef deur haar laaste man, die skrywer Maher Awad, met wie sy in 1987 getroud is.[21][22]
In 2013 gebruik die Libanese filmmaker Rania Stephan brokkies uit die films van Hosny om die verhaal van Hosny en die geskiedenis van die Egiptiese film weer in The Three Disappearances of Soad Hosny te vertel.[23] Dit was te sien in die Berlynse kunsweek.[24] The Three Disappearances is 'n belangrike argief wat tegelykertyd die kostuums, stelle en style wat van die 1950's tot die 1990's gebruik is, tegelykertyd dokumenteer van die chronologie van Hosni se loopbaan, 'n tydperk wat die hoogtepunt en agteruitgang van die Egiptiese rolprentwese was.[25]
Sy het in meer as 80 rolprente verskyn. [13]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.