Skukuza
dorp en ruskamp From Wikipedia, the free encyclopedia
dorp en ruskamp From Wikipedia, the free encyclopedia
Skukuza is die hoofruskamp van die Nasionale Krugerwildtuin. Die naam, aangepas vanaf die Zoeloewoord Sikhukhuza, was 'n troetelnaam vir James Stevenson-Hamilton. Dit beteken 'nuwe besem', omdat Stevenson-Hamilton die gebied 'skoongevee' het van wilddiewe en ander skelms.[2] Die kamp is in 1902 opgerig, en het eers as Sabiebrug (Engels: Sabie Bridge) bekend gestaan tot dit herdoop is na Skukuza in 1936.
Skukuza | |
---|---|
Dorp (Hoofruskamp) | |
Ingangshek na Skukuza | |
Koördinate: 24°59′45″S 31°35′31″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Mbombela |
Regering | |
• Tipe | Wyk 39 |
• Raadslid | Dudu Tryphinah Nkosi (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,98 km2 (1,92 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 599 |
• Digtheid | 321/km2 (830/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 14.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.1% |
• Bruin mense | 1.6% |
• Swart mense | 83.9% |
Taal (2011) | |
• Tsonga | 58.0% |
• Swazi | 9.7% |
• Afrikaans | 9.5% |
• Engels | 7.7% |
• Ander | 15.2% |
Poskode (strate) | 1350 |
Poskode (posbusse) | 1350 |
Skakelkode | 013 |
Dit is by verre die grootse kamp in die Krugerwildtuin en is geleë op die suidelike oewer van die Sabierivier. Die kamp huisves 'n paar historiese plekke, soos die drie museums en die biblioteek, behalwe die kamp se winkels en restaurante. Die Selati Treinrestaurant is geleë op 'n ou spoorwegplatform aan die oostekant van die kamp.
Besoekers kan by die ontvangskantoor reëlings tref vir wildbesigtigingsritte, bosbraaie en staptogte in die Krugerwildtuin. Buiten die gewone basiese geriewe, beskik Skukuza ook oor twee swembaddens, 'n gholfbaan, biblioteek, ligte motorherstelwerk, polisiestasie, poskantoor en 'n bank. Hierdie geriewe word dwarsdeur die kamp omring deur verskillende soorte hutte, gastehuise en 'n groot kampterrein. Meeste gastehuise en sommige hutte is op die Sabierivier se oewer geleë, met 'n pragtige uitsig vir genotvolle wildkyk.
Net buite die kamp is 'n kwekery van die Parkeraad waar inheemse plante besigtig en gekoop kan word. Die plantjies is geskik vir 'n soortgelyke warm, droë klimaat.
Die kamp kan elke aand 640 persone in permanente akkommodasie huisves, plus dan nog die 80 kampeerplekke vir die buitelugmense.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.