Skroefdraad
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Skroefdraad is 'n heliese struktuur wat gebruik word om rotasiebeweging om te sit na lineêre beweging of krag.
Skroefdraad het die volgende toepassings:
In al bogenoemde toepassings het skroefdraad die volgende twee hoof funksies:
Die normale rigting van skroefdraad volg die regterhandreël. Met ander woorde, wanneer die rotasie in die rigting van die vingers van die regterhand toegepas word, dui die duim die rigting van die lineêre beweging aan. Anders gestel, as jy iets kloksgewys draai, draai jy dit vas en as jy dit antikloksgewys draai, draai jy dit los.
Die rede vir die gebruik van linkerhandse/omgekeerde skroefdraad is gewoonlik om te voorkom dat rotasie van 'n voorwerp die bout/moer self laat losdraai. Voorbeelde van linkerhandse/omgekeerde skroefdraad is:
In al hierdie gevalle moet die beweging van die masjien neig om die bout vas te draai. Dit is egter nie altyd so voor die handliggend nie.
Fietspedaal as voorbeeld
Die prentjie aan die regterkant wys 'n regterkantste fietspedaal. Die rooi pyle wys die skynbare draairigting van die trap-as ten opsigte van die traparm agv die draaiweerstand van die trap-as. Dus, wanneer die fiets normaalweg getrap word, lyk dit of die trap sal neig om los te draai. Hoekom het die regterkantste trap dan 'n regshandige skroefdraad?
Die antwoord lê in meganiese presessie[1] Om dit te verduidelik is die trap-as baie kleiner geteken as die gat in die traparm (kyk prentjie). Wanneer die fiets getrap word, word daar 'n antikloksgewyse krag op die binneste as uitgeoefen as gevolg van die weerstand op die trap-as. Dit sal veroorsaak dat die as in 'n kloksgewyse rigting binne die groter gat beweeg.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.