From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Siriese woestyn (Arabies: بادية الشام, bādiyat ash-shām), ook bekend as die Hamadwoestyn,[1] is 'n kombinasie van steppe en ware woestyn wat 'n area van 5 000 000 km² van die Midde-Ooste beslaan, insluitend dele van suid-oostelike Sirië, noordoostelike Jordanië, noordelike Saoedi-Arabië en westelike Irak. In die suide grens dit aan, en vloei oor na die Arabiese woestyn.[2]
Die omgewing is 'n oop, gruiserige woestyn (hoekige tot geronde rotsdeeltjies wat wissel van korrels tot keistene), met valleie (Wadi-Hebreeus en Arabies vir vallei)[3][4] wat plek-plek in die landskap insny.
Die woestyn word omgrens deur die Orontesvallei en die Harrat al-Shamah se vulkaniese veld aan die weste, en die Eufraatrivier in die ooste. In die noorde skakel die woestyn oor na meer vrugbare areas met gras, en in die suide beweeg dit oor na die woestyne van die Arabiese Skiereiland.[3]
Daar is nog nie ooreenstemming oor die presiese ligging/grense van die Siriese woestyn nie, met sommige groepe wat die Siriese woestyn beskou as die "Hamadwoestyn",[1] met ander wat die naam 'Hamadwoestyn" beperk tot die suidelike sentrale plato,[5] terwyl nog 'n groep die Hamadwoestyn as die hele streek sien, met die Siriese woestyn as die noordelike gedeelte.[6] Die Siriese woestyn is ook al die Shamiyah genoem.
In die middel van die woestyn is daar 'n 700–900 m hoë streek, die Hamadplato. Dit is 'n redelik klipperige semi-woestyn wat bestaan uit 'n kalksteenrotsbodem, wat met 'n chert-gruis bedek word. Die bietjie reën wat op die plato val, vloei in soutpanne in. Die hoogste pieke op die plato is die 1000+ m hoë Khawr um Wual in Saoedi-Arabië, en die 960 m hoë Jebel Aneiza, by die grens tussen Jordanië, Saoedi-Arabië en Irak.[7][8] Hierdie woestyn, tesame met die woestyne van die Arabiese skiereiland, word beskryf as van die droogste woestyne in die wêreld.[9]
Die Siriese Marmot is afkomstig uit die Siriese woestyngebied. Die seisoenale mere word deur 'n verskeidenheid voëls besoek. Klein knaagdiere kom algemeen hier voor, en die roofdiere wat natuurlik op hulle prooi soos slange, skerpioene en kameelspinnekoppe. Voorheen het diere soos wildsbokke, wolwe, jakkalse, rooikatte, volstruise, jagluiperds, hartbeeste en Asiatiese wildedonkies (ook bekend as "Onager") hier voorgekom, maar het nou verdwyn, vermoedelik a.g.v. mense wat hulle gejag het.[3]
Histories het Bedoeïen-stamme die area bewoon, en baie stamme woon nog in dorpe en nedersettings naby verskillende oases. Sommige van die Bedoeïene voer nog steeds hul tradisionele leefwyse in die woestyn voort.
Safaitiese inskripsies, proto-Arabiese tekste wat deur geletterde Bedouine geskryf is, kan in die Siriese woestyn gevind word. Hulle dateer vanaf ongeveer die eerste eeu v.C. tot ongeveer 400 n.C..
Die Siriese woestyn is in 1919 vir die eerste keer per motor oorgesteek.[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.