From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Khanaat van Sibir was ’n Tartaarse khanaat in die latere Siberië. Dit is bewoon deur die Siberiese Tartare, Chanti, Mansi, Nenets en Selkoep.
| ||||
Khanaat van Sibir in die 15de tot 16de eeu. | ||||
Hoofstad | Tyumen (tot 1493) Sibir (vanaf 1493) | |||
Taal/Tale | Siberiese Tataars, Chanti, Mansi, Nenets en Selkoep | |||
Godsdiens | Sjamanisme later Islam | |||
Regering | Monargie | |||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | |||
- Stigting | 1490 | |||
- Verowering deur die Tsaredom van Rusland | 1598 |
Die khanaat is in die 15de eeu gestig toe die Mongole van die Huis van Djotsji aan die verbrokkel was. Die oorspronklike hoofstad was Tsjimgi-Toera. Die eerste khan was Taiboega en hy is opgevolg deur sy seun Choja or Hoca, wat weer deur sy seun Mar opgevolg is.
Die Beleg van Kazan deur die Russe in 1552 het die destydse khan Jadigar aangespoor om vriendskaplike betrekkinge met Moskou aan te knoop. Hy is egter na jare van oorlog deur Koetsjoem verslaan, wat toe khan geword het.
Oor die volgende 14 jaar het Rusland die khanaat geleidelik verower. In 1598 is Koetsjoem op die oewers van die Ob-rivier verslaan en dit het ’n einde aan sy bewind gebring.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.