Serengeti
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.
Die Serengeti is 'n geografiese streek van Afrika wat uit savannes en boslandskappe bestaan. Die streek strek oor die noorde van Tanzanië en die suide van Kenia en beslaan 'n oppervlakte van ongeveer 30 000 km². Tagtig persent van die gebied lê in Tanzanië, die gedeelte in Kenia staan ook as die Maasai Mara bekend. Die naam "Serengeti" is afgelei van die Maasai-taal (Siringet), en beteken letterlik "eindelose vlaktes".[1][2]
Serengeti* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Aasvoëls en maraboes in die Serengeti | |
Ligging van die Serengeti in Tanzanië | |
Koördinate: 2°19′51″S 34°50′0″O | |
Lande | Tanzanië |
Tipe | Natuur |
Kriteria | vii, x |
Verwysings | 156 |
Streek† | Afrika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1981 (5de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Daar leef ongeveer 1,6 miljoen plantetende diere en duisende roofdiere in die gebied. Die volopste diere in hierdie streek is die blouwildebees, Thomson-gaselle, bontkwagga en buffel.
Die streek is bekend vir die migrasie wat jaarliks om en by in Oktober plaasvind. Tydens hierdie migrasies trek miljoene plantetende diere vanaf die noordelike heuwels na die suidelike vlaktes. Hiertydens steek die diere die Mararivier oor. Na die reëns van April, trek hulle met 'n westelike ompad terug. Die verskynsel word 'n sirkelvormige migrasie genoem.
Die argeologies belangrike Olduvaikloof, waar van die oudste bekende menslike fossiele gevind is, is ook in die in Serengeti geleë.
Die Serengeti omvat (in Tanzanië) die Serengeti Nasionale Park, die Ngorongoro-krater en die Maswa Wildreservaat en (in Kenia) die Masai Mara Reservaat.