From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sepik (Engels: Sepik River, vroeër Duits: Keiserin Augusta-rivier[1]) is met 'n lengte van 1 100 km (700 myl) een van die langste riviere op die eiland Nieu-Guinee, van die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee, asook van die kontinent Oseanië.
Sepik | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Sepik se monding in die Bismarcksee | |
Die stroomgebied van die Sepik | |
Oorsprong | Viktor Emmanuel-bergreeks, Papoea-Nieu-Guinee |
Monding | Papoea-Nieu-Guinee Bismarcksee |
Stroomgebied | Indonesië, Papoea-Nieu-Guinee |
Lengte | 1 100 km (700 myl) |
Oorspronghoogte | 2 170 m (7 119 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 3 804 m³/s (134 337 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 77 700 km² (30 000 myl²) |
Die Sepik ontspring in die Viktor Emmanuel-bergreeks in Sentraal-Nieu-Guinee, net noord van die Fly se bron in die Westelike provinsie van Papoea-Nieu-Guinee. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting en raak die grens tot Indonesië. Vanaf hier vloei die Sepik in 'n noordoostelike rigting en mond sonder delta in die Bismarcksee uit.[2]
Die Sepik se omgewing is gekenmerk deur moerasse, reënwoud en berge. Dié rivier is in 1885 deur Duitsers vir Europa ontdek en ná keiserin Augusta, die vrou van die destydse keiser Wilhelm I van die Duitse Keiserryk genoem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.