Egiptiese farao From Wikipedia, the free encyclopedia
Sechemchet (ook Sekhemkhet of Djoserteti en bekend onder die Hellenistiese naam Tyreis volgens Manetho) was ’n Egiptiese farao van die 3de Dinastie van die Ou Ryk. Hy het vermoedelik van omstreeks 2648 tot 2640 v.C. regeer. Hy was moontlik die broer of oudste seun van farao Djoser.
Sechemchet | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Tyreis, Sekhemkhet, Djoserteti | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Reliëfwerk van Sechemchet van Wadi Maghareh. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Farao van die 3de Dinastie | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Periode | 6 of 7 jaar, omstreeks 2650 v.C. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorganger | Djoser | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Opvolger | Sanacht (waarskynlik) of Chaba | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Monumente | Piramide van Sechemchet | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sechemchet in Egiptiese hiërogliewe | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Min is oor Sechemchet bekend, want sy bewind was kort: net ses of sewe jaar. Hy het egter in dié tyd ’n trappiramide by Saqqara laat bou en twee bekende rotsinskripsies by Wadi Maghareh in Sinai agtergelaat. Op die eerste een word hy twee keer uitgebeeld, met verskillende krone op. Op die tweede gryp Sechemchet ’n vyand aan sy hare en lig sy arm in ’n poging om hom met sy seremoniële septer dood te slaan.
Die teenwoordigheid van dié inskripsies dui daarop dat turkoois en koper in Sechemchet se tyd in Sinai gemyn is.[1][2] Die myne was waarskynlik deur die hele 3de Dinastie aktief, want inskripsies van Djoser en Sanacht is ook daar ontdek.
Sechemchet se vrou kon Djeseretnebti gewees het, maar dié naam verskyn sonder die titel van ’n koningin en Egiptoloë twyfel oor die ware betekenis en lees van die naam.[3] Dit is ook al gelees as "Djeser-Ti" en geïdentifiseer met die cartouchenaam "Djeser-Teti" wat aangedui word as die direkte opvolger van Djoser.[4] Sechemchet het vir seker kinders gehad, maar geen name is dusver gevind nie.
Sechemchet is onder sy piramide by Saqqara begrawe, naby dié van Djoser. Die piramide is van die begin af as ’n trappiramide beplan. As dit voltooi was, sou dit ses of sewe trappe gehad het. Nes Djoser s’n is Sechemchet se piramide van kalksteenblokke gebou.
Dit is nie voltooi nie, waarskynlik weens die koning se skielike dood. Net die eerste trap is voltooi en die monument het dus eerder die vorm van ’n groot mastaba.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.