From Wikipedia, the free encyclopedia
Seekos-allergie is 'n tipe voedselallergie. Dit is 'n hipersensitiwiteit vir voedingstowwe (of moontlik allergene) uit skulpvis, skubvis of skaaldiere. Dit veroorsaak dan 'n oorreaksie van die immuunstelsel, wat vir miljoene mense tot ernstige gesondheidsimptome kan lei, insluitend anafilaktiese skok.[1][2] Die Asma- en Allergiestigting van Amerika (AAFA) beraam dat die meerderheid van voedselallergie-pasiënte, kinders en volwassenes is met 'n seekos-allergie.[3] Dit kom hoofsaaklik (maar nie uitsluitlik nie) by volwassenes voor.
Allergiese reaksies kan voorkom wanneer die gevoelige persoon die allergeenstof inneem, òf deur die blootstelling aan dampe wat voortspruit uit kook van seekos, òf selfs slegs voorbereiding of hantering.[4]
Seekos-allergieë kan gewoonlik behandel word met 'n uitsluitingsdieet en waaksaamheid om voedsel te vermy wat met skulpvis- of visbestanddele en/of visolies besmet is. In ernstige gevalle kan 'n geval van seekos-allergie lei tot 'n anafilaktiese reaksie,[5] wat 'n noodgeval is en onmiddellike mediese aandag benodig. Dit word behandel met adrenalien (Am: Epinefrien), wat met 'n EpiPen toegedien kan word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.