From Wikipedia, the free encyclopedia
SN 1604 was 'n supernova (ontploffende ster) wat in die jaar 1604 gesien is. Dit is in die Slangdraer-konstellasie (Ophiuchus) waargeneem. SN 1604 word soms Kepler se supernova of Kepler se ster genoem, aangesien die Duitser Johannes Kepler dit bestudeer het. Dit was die laaste supernova in ons melkweg wat met die blote oog waargeneem kon word.[3]
SN 1604 | ||||
Saamgestelde beeld van die oorblyfsels van Kepler se ster. | ||||
Soort supernova | Tipe Ia[1][2] | |||
Sterrestelsel | Melkweg | |||
Sterrebeeld | Slangdraer | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 30m 42s | |||
Deklinasie | -21° 29′ | |||
Gal. koördinate | G4.5+6.8 | |||
Afstand (ligjaar) | 20 000 | |||
Ontdek | 9 Oktober 1604 | |||
Eienskappe | ||||
Voorlopertipe | Witdwerg-rooireus-dubbelster | |||
Notas | ||||
Laaste waargenome supernova in die Melkweg; was 18 maande lank met die blote oog sigbaar. | ||||
|
Die oggend van 11 Oktober 1604 bring Brunowski, een van Johannes Kepler se assistente, die nuus dat hy die vorige aand 'n nuwe ster gesien het. Kepler wou niks hiervan weet nie. Die hemel het 'n week lank bewolk gebly, terwyl hy in sy ongeloof volhard het. Tycho Brahe het in 1572 ook 'n nuwe ster waargeneem, maar die "volmaaktheid" van die hemel (die heersende denke van die tyd) was vir Kepler bewys genoeg dat dit nie moontlik kon wees nie.
SN 1604 was 'n tipe Ia-supernova wat nie verder nie as 6 kiloparsek of ongeveer 20 000 ligjare van die Aarde af voorgekom het. Dit was met die blote oog sigbaar en was helderder as enige ander ster in die nagruim. Op sy helderste het dit 'n skynbare magnitude van −2,5 gehad. Vir meer as drie weke was dit selfs gedurende die dag sigbaar.
SN 1604 is later na Kepler vernoem, al was hy nie die eerste waarnemer daarvan nie, maar as gevolg van sy boek oor die onderwerp, De Stella Nova in Pede Serpentarii ("Die nuwe ster in die Slangdraer se voet", Praag 1606). Die supernova is ook in Sjinese en Koreaanse bronne vermeld.[4]
Die oorblyfsels van hierdie supernova word vandag nog intensief deur sterrekundiges bestudeer om supernovas beter te verstaan.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.