From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Round House (32°3′22″S 115°44′29″E) is die oudste gebou wat steeds staan in Wes-Australië.[1] Dit is by Arthur Head in Fremantle geleë.[2]
Die gebou is in 1830 gebou en is ontwerp deur Henry Reveley en was die eerste permanente gebou in die Swanrivier kolonie. Die gebou is aanvanklik bedoel om as 'n tronk te dien en het agt selle en blyplek vir die tronkbewaarder gehad wat almal op 'n binnehof uitgeloop het. Die ontwerp is gegrond op die Panopticon, 'n soort tronk wat deur die filosoof, Jeremy Bentham, ontwerp is.[3] Dit is gebruik om koloniale- en inboorling gevangenisse te huisves tot en met 1886 toe beheer oor die Convict Establishment tronk (tans die Fremantle tronk) oorgedra is na die kolonie. Hierna is die Round House as tydelike selle van die polisie gebruik tot in 1900, waarna dit die woning van die hoofkonstabel en sy gesin geword het.[4]
Daar is 'n gedenkplaat by die Round House wat deur die Royal Western Australian Historical Society daar geplaas is as deel van herdenking van die eeufeesjaar van Wes-Australië in 1929.
Die Fremantle stadsraad het in 1982 verantwoordelikheid vir die Round House oorgeneem en dit is kort daarna aan die publiek oopgestel. Tans is diet sewe dae van die week oop vir die publiek. Toegang word verkry deur 'n muntskenking te maak.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.