Amerikaanse rolprentresensent From Wikipedia, the free encyclopedia
Roger Joseph Ebert (18 Junie 1942 – 4 April 2013) was ’n Amerikaanse resensent, joernalis, skrywer en rolprenthistorikus. Hy was van 1967 tot met sy dood in 2013 ’n resensent vir die Amerikaanse koerant Chicago Sun-Times.[1]
Roger Ebert | |
---|---|
Ebert in 2006 in ’n onderhoud met Sound Opinions. | |
Gebore | Roger Joseph Ebert 18 Junie 1942 |
Sterf | 4 April 2013 (op 70) Chicago, Illinois |
Beroep | Resensent, joernalis, skrywer |
Webwerf | www.rogerebert.com |
In 1975 was hy die eerste persoon wat ’n Pulitzerprys vir resensies ontvang het.[2] In 2010 was sy resensies aan meer as 200 koerante in Amerika en oorsee gesindikeer. Hy het meer as 20 boeke en tientalle saamgestelde resensies gepubliseer.
In 2005 was Ebert die eerste resensent wat ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry het.[2] Neil Steinberg van die Chicago Sun-Times het gesê Ebert "was ongetwyfeld die land se belangrikste en invloedrykste rolprentresensent".[3]
Ebert het van 2002 kanker gehad en sy laer kakebeen moes verwyder word, waarna hy nie kon praat of normaal eet nie. Hy het egter tot met sy dood op 4 April 2013 aanhou skryf en publiseer.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.