Raphia is ’n genus van 22 spesies palms wat inheems aan tropiese streke van Afrika , veral Madagaskar , is. Een spesie (R. taedigera ) kom ook in Sentraal- en Suid-Amerika voor.[1]
Kitsfeite Raffia, Wetenskaplike klassifikasie ...
Raffia
R. australis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Orde:
Arecales
Familie:
Subfamilie:
Calamoideae
Tribus:
Lepidocaryeae
Subtribus:
Raphiinae
Genus:
Raphia
P.Beauv.
Spesies
Sien teks.
Sluit
R. taedigera is die bron van raffia, vesels van die blare wat vir weefwerk gebruik word. Dié spesie dra ook ’n vrug.[2]
Die bome word tot 16 m hoog en is bekend vir hul saamgestelde veeragtige blare, die langste in die planteryk; die blare van R. regalis word tot 25 m lank[3] en 3 m breed. Die plante blom net een keer en gaan dood wanneer die sade ryp is.
Vrugte van die raffiapalm (Muséum de Toulouse).
Raphia africana Otedoh – Nigerië, Kameroen
Raphia australis Oberm. & Strey – Mosambiek, Suid-Afrika
Raphia diasticha Burret – Ghana tot by Demokratiese Republiek die Kongo
Raphia farinifera (Gaertn.) Hyl. – Afrika van Senegal tot Tanzanië, suid tot Mosambiek en Zimbabwe
Raphia gabonica S.Mogue, Sonké & Couvreur – Gaboen
Raphia gentiliana De Wild. – Demokratiese Republiek die Kongo, Sentraal-Afrikaanse Republiek
Raphia hookeri G.Mann & H.Wendl. – Wes- en Sentraal-Afrika van Liberië tot Angola
Raphia laurentii De Wild. – Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Sentraal-Afrikaanse Republiek
Raphia longiflora G.Mann & H.Wendl. – van Nigerië tot Demokratiese Republiek die Kongo
Raphia mannii Becc. – Nigerië, Bioko
Raphia matombe De Wild. – Cabinda, Demokratiese Republiek die Kongo
Raphia monbuttorum Drude – Nigerië, Kameroen, Tjad, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Suid-Soedan
Raphia palma-pinus (Gaertn.) Hutch. – Wes-Afrika van Liberië tot Cabinda
Raphia regalis Becc. – Sentraal-Afrika van Nigerië tot Angola
Raphia rostrata Burret – Cabinda, Demokratiese Republiek die Kongo
Raphia ruwenzorica Otedoh – Oos-Demokratiese Republiek die Kongo, Rwanda, Burundi
Raphia sese De Wild. – Demokratiese Republiek die Kongo
Raphia sudanica A. Chev. – Wes-Afrika van Senegal tot Kameroen
Raphia taedigera (Mart.) Mart. – Nigerië, Kameroen, Sentraal-Amerika (Costa Rica, Nicaragua, Panama), Suid-Amerika (Colombia)
Raphia textilis Welw. – Cabinda, Demokratiese Republiek die Kongo, Gaboen, Angola
Raphia vinifera P. Beauv. – Wes-Afrika van Demokratiese Republiek die Kongo tot Benin
Raphia zamiana S.Mogue, Sonké & Couvreur – Gaboen, Kameroen
Voorbeeld van ’n artikel wat van raffiavesels gemaak kan word.
Raffiavesels word algemeen gebruik om mandjies, plekmatjies, hoede, skoene en ander artikels van te maak. Die vesels kom aan die onderkant van die blare voor. Dit word afgetrek en kan dan gekleur en geweef word.
Tucker, A.; Redford, A.; Scher, J.; Trice, M. (2010). "Raphia taedigera" . Dried Botanical ID . Fort Collins, CO: Delaware State University, Identification Technology Program, CPHST, PPQ, APHIS, USDA. Besoek op 7 Oktober 2016 .
Hallé, F. 1977. The longest leaf in palms? Principes 21 : 18.