Bhumibol Adulyadej
Koning van Thailand (1927-2016) From Wikipedia, the free encyclopedia
Koning van Thailand (1927-2016) From Wikipedia, the free encyclopedia
Bhumibol Adulyadej (Thai: ภูมิพลอดุลยเดช, Phumiphon Adunyadet, [pʰūː.mí.pʰōn ʔà.dūn.já.dèːt] ; (1927–2016), bekend as koning Bhumibol die Grote, was die negende koning van Thailand.[1] Hy was ook bekend as Rama IX, want hy was die negende monarg van die Chakri-dinastie. Hy het sedert 9 Junie 1946 geheers en was die wêreld se langsdienende staatshoof[2] en die langsregerende vors in Thailand se geskiedenis.[3]
Bhumibol Adulyadej | |
---|---|
Koning van Thailand | |
Bhumibol Adulyadej in 2010 | |
Dinastie | Mahidol en Chakri |
Bewind | 9 Junie 1946 - 13 Oktober 2016 |
Kroning | 5 Mei 1950 |
Gebore | 5 Desember 1927 |
Cambridge, Massachusetts | |
Gesterf | 13 Oktober 2016 (op 88) |
Bangkok, Thailand | |
Voorganger | Ananda Mahidol |
Opvolger | Maha Vajiralongkorn |
Gade | Sirikit Kitiyakara (1950–2016) |
Kinders | Prinses Ubolratana Rajakanya Kroonprins Maha Vajiralongkorn Prinses Maha Chakri Sirindhorn Prinses Chulabhorn Walailak |
Vader | Mahidol Adulyadej |
Moeder | Srinagarindra |
Koning Bhumibol is op 5 Desember 1927 in Cambridge, Massachusetts in die Verenigde State van Amerika gebore. Hy het in Switserland studeer. Hy was ook 'n musikant, kunstenaar en matroos.
Bhumibol was 'n miljardêr en het van sy geld gebruik om meer as 3000 ontwikkelingsprojekte, meestal in landelike gebiede, te befonds. As gevolg hiervan was hy baie gewild in Thailand en is deur sommige as 'n semi-goddelike figuur beskou.[4]
Ná 'n tydperk van swak gesondheid, sterf Bhumibol op 13 Oktober 2016 aan nierversaking by die Siriraj hospitaal in Bangkok. Hy was 88 jaar oud.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.