From Wikipedia, the free encyclopedia
'n QR-kode (afgekort van Quick Response) is 'n soort matriksstaafkode (of tweedimensionale kode) wat aanvanklik vir die motornywerheid ontwerp is. Meer onlangs het die stelsel gewild geword buite die bedryf weens die snelle leesbaarheid daarvan en betreklik groot datakapasiteit. Die kode bestaan uit swart modules in 'n vierkantige rangskikking op 'n wit agtergrond. Die geënkodeerde inligting kan uit vier gestandaardiseerde dataformate (numeries, alfanumeries, binêre grepe, Kanji) bestaan, of deur gerugsteunde verlengings byna enige datasoort.[1]
Die kode wat deur die Toyota-filiaal Denso Wave in 1994[2] ontwerp is vir voertuigmonitering in die vervaardigingsproses, is een van die mees gewilde tweedimensionale staafkodevariante. Dit is ontwerp met die oogmerk om die inhoud vinnig ontleedbaar te maak.[3]
Die tegnologie is ook geredelik in die Verenigde State gebruik, en onlangs brei die aanwending daarvan die vinnigste uit in Kanada en Hong Kong.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.