From Wikipedia, the free encyclopedia
Psigoanalise is ’n stel teorieë en terapeutiese tegnieke[1] wat verband hou met die bestudering van die onbewuste[2] en saam ’n behandelingsmetode vir geestesteurings vorm. Die dissipline is in die vroeë 1890's gevestig deur die Oostenrykse neoroloog Sigmund Freud en stam gedeeltelik uit die kliniese werk van Josef Breuer en ander.
Freud het die woord "psigoanalise" in 1896 die eerste keer (in Frans) gebruik. Die Traumdeutung (Die Ontleding van Drome), wat Freud as sy "belangrikste werk" beskou het, het in November 1899 verskyn.[3] Psigoanalise het later in verskillende rigtings uitgebrei, maar Freud het die term uitsluitlik vir sy eie denkrigting gebruik.[4] Die basiese beginsels daarvan sluit in:
Tydens psigoanalitiese sessies kan die pasiënt op ’n bank lê, met die analis wat net agter hom buite sig sit. Die pasiënt gee uitdrukking aan sy gedagtes, insluitende vrye assosiasies, fantasieë en drome, waaruit die analis die onbewuste konflikte aflei wat tot die pasiënt se simptome en probleme lei. Deur die ontleding van hierdie konflikte[7] kan die analis die pasiënt se patologiese verdedigingsmeganismes konfronteer sodat die pasiënt insig kan kry.
Psigoanalise is ’n omstrede dissipline en die geldigheid daarvan as ’n wetenskap word betwis. Dit bly egter ’n belangrike invloed in sielkunde, veral in sommige kringe.[8][9]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.