From Wikipedia, the free encyclopedia
Prometeus (Grieks: Προμηθεύς) is ’n binneste maan van Saturnus. Dit is in 1980 (voor 25 Oktober) ontdek op foto's deur Voyager 1 en het die voorlopige naam S/1980 S 27 gekry.[3] Laat in 1985 is dit amptelike genoem na Prometeus , ’n Titaan in die Griekse mitologie.[4] Dit is ook bekend as Saturnus XVI.[5].
’n Foto van Prometeus deur Cassini (26 Desember 2009). | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stewart A. Collins, Voyager 1 |
Datum | Oktober 1980 |
Wentelbaaneienskappe [1] | |
Epog 31 Desember 2003 (JD 2 453 005,5) | |
Halwe lengteas | 139 380±10 km |
Wentelperiode | 0,612990038 d |
Baanhelling | 0,008±0,004 ° tot Saturnus se ewenaar |
Satelliet van | Saturnus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 135,6 × 79,4 × 59,4 km [2] |
Gem. radius | 43,1±2,7 km [2] |
Volume | ≈ 340 000 km³ [2] |
Massa | 1,595±0,015×1017 kg [2] |
Gem. digtheid | 0,48±0,09 g/cm³ [2] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,0013-0,0058 m/s² [2] |
Ontsnapping- snelheid | ≈ 0,019 km/s |
Rotasieperiode | Sinkronies |
Ashelling | Nul |
0,6 | |
Temperatuur | ≈ 74 K |
Prometeus is baie lank; dit is sowat 136 x 79 x 59 km groot. Dit het verskeie riwwe en valleie asook ’n paar kraters van sowat 20 km in deursnee. Dit het egter minder kraters as die nabygeleë Pandora, Epimetheus en Janus. Uit sy baie lae digtheid en relatief hoë albedo kan afgelei word dit is ’n baie, poreuse, ysagtige voorwerp. Daar is egter groot onsekerheid hieroor en dit moet nog bevestig word.
Prometeus is ’n herdersmaan aan die binneste rand van Saturnus se smal F-ring. Pandora wentel net buite die F-ring en is tradisioneel beskou as ’n buitenste herdersmaan van die ring; onlangse studies toon egter net Prometeus hou die ring bymekaar.[6][7]
Op foto's deur Cassini kan gesien word die maan se swaartekrag vorm kinkels en knope in die F-ring terwyl dit materiaal uit die ring aantrek. Sy wentelbaan lyk chaoties vanweë ’n reeks van vier 121:118 baanresonansies met Pandora.[8] Die duidelikste veranderings in hul wentelbane kom elke sowat 6,2 jaar voor,[1] wanneer Pandora se periapside oplyn met Prometeus se apoapside; dan is hulle sowat 1 400 km van mekaar af. Prometeus is self ’n groot versteurder van die maan Atlas, waarmee dit in ’n 53:54-resonansie is.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.