From Wikipedia, the free encyclopedia
Praecipua (ook bekend as 46 Leonis Minoris of 46 LMi) is die helderste ster in die sterrebeeld Klein Leeu (Leo Minor). Sy sterreklassifikasie is K0+III-IV, wat aandui dit is ’n rooireus of subreus, en dit het ’n skynbare magnitude van 3,83. Dit is sowat 95 ligjare van die Son af. Dit is vermoedelik ’n veranderlike ster met ’n wisseling van omtrent 0,05 magnitudes.[4]
Praecipua
| ||||
Sterrebeeld | Klein Leeu | |||
Spektraaltipe | K0+ III-IV[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 10h 53m 18.70487s[2] | |||
Deklinasie | +34° 12′ 53.5375″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,83[3] (3,79-3,84[4]) | |||
Absolute magnitude (M) | 1,45[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,69[6] | |||
Radius (R☉) | 8,22 ± 0,22[3] | |||
Ligsterkte (L☉) | 34 ± 2[3] | |||
Ouderdom (jaar) | 6,76 miljard[7] | |||
Temperatuur (K) | 4 670[3] | |||
Afstand (ligjaar) | 95 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 1,81[8] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0.2[9] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Vermoedelik | |||
Ander name | ||||
BD+34 2172, FK5 412, HD 94264, HIP 53229, HR 4247, SAO 62297 | ||||
|
"46 Leonis Minoris" is die ster se Flamsteed-naam. Dit het die tradisionele naam "Praecipua", van die Latyn vir "die hoof(ster van die Klein Leeu)".[10] Die naam was dalk oorspronklik dié van 37 Leonis Minoris wat later verkeerdelik aan 46 Leonis Minoris gegee is.[11] Die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[12] het die naam op 30 Junie 2017 amptelik vir dié ster goedgekeur.[13]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.