Johannes XII was die 130ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Kitsfeite Geboortenaam, Pontifikaat begin ...
Pous Johannes XII
Thumb
Geboortenaam Octavianus van Spoleto
Pontifikaat begin 16 Desember 955
Pontifikaat eindig 4 Desember 963
Voorganger Agapetus II
Opvolger Leo VIII
Gebore ± 937
Rome, Italië
Sterf 14 Mei 964
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Johannes
Sluit

Biografie

Pous Johannes XII is gebore as Octavianus van Spoleto in ongeveer 937 die seun van Alberic II, prins van Rome en Alda van Vienne. Op 16 Desember 955 volg hy Pous Agapetus II op en regeer tot hy afgeset word op 4 Desember 963. Hy word opgevolg deur Pous Leo VIII. Die naam ‘Johannes' beteken 'God is genadig'.

Pontifikaat

Pous Johannes XII was 'n skande, sowel sy verkiesing as sy gedrag na sy verkiesing. Hy het hom oorgegee aan wellus, sodanig dat die Lateraanse paleis as 'n bordeel beskryf is. Hy het die beskerming van koning Otto I van Duitsland nodig gehad om homself te handhaaf en as dank het hy Otto as keiser van die Heilige Romeinse Ryk gekroon op 2 Februarie 962. Otto het ook die Pouslike Staat aansienlik vergroot en versterk (deur die Diploma Ottonianum). Otto het Alberic II aangeval en Pous Johannes het agter sy rug gekonkel met die keiser in Konstantinopel. Keiser Otto was woedend en het Johannes laat afset en vervang met Pous Leo VIII op 4 Desember 963. Nadat Otto Rome verlaat het, het Johannes egter teruggekom en Leo laat afset op 26 Februarie 964 en vervang met Pous Benedictus V. Johannes sterf op 14 Mei 964 aan verwondinge wat hom toegedien is deur 'n man van een van sy minnaresse.[1] Ander bronne onder andere Liutprand van Cremona beweer hy is dood as gevolg van 'n beroerte wat hy gekry het terwyl hy met een van sy minnaresse in die bed was.[2]

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

Eksterne skakels

Nota

Opvolging

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.