Gregorius VI was die 148ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Gregorius VI | |
---|---|
Geboortenaam | Johannes Gratianus Pierleoni |
Pontifikaat begin | 1 Mei 1045 |
Pontifikaat eindig | 20 Desember 1046 |
Voorganger | Benedictus IX |
Opvolger | Clemens II |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | November? 1047 Keulen? Duitsland |
Ander pouse genaamd Gregorius |
Pous Gregorius VI is gebore as Johannes Gratianus Pierleoni in Rome, Italië. Hy was die peetvader van Benedictus IX en aartspriester van Sint Johannes by die Latynse Poort. Op 1 Mei 1045 volg hy Pous Benedictus IX op en regeer tot hy afgeset word deur die sinode van Sutri op 20 Desember 1046. Hy word opgevolg deur Pous Clemens II. Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.
Pous Gregorius VI was reeds oud toe hy die pous-amp van Benedictus IX gekoop het.[1] Skynbaar het hy dit met goeie bedoelings gedoen om die pous-amp by die skandalige Benedictus IX weg te neem. Hy het staatgemaak op sy kapelaan Hildebrand (later Pous Gregorius VII) om sy kerklike take te vervul. Hoewel die staatskas leeg was het Gregorius probeer om orde op sake te stel. Hy het briewe geskrywe en sinodes gehou en selfs wapengeweld probeer. Die Romeinse faksies was egter te sterk en hy het nie veel hond haaraf gemaak nie.
Op 20 Desember 1046 word hy deur die sinode van Sutri, onder leiding van keiser Hendrik III, afgeset omdat hy die amp gekoop het. Die pous het na Duitsland vertrek in daar gesterf laat in 1047.
- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.