Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eugenius I was die 8ste teenpous asook die 75ste wettige pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Eugenius I | |
---|---|
Pontifikaat begin | 16 September 655 |
Pontifikaat eindig | 2 Junie 657 |
Voorganger | Martinus I |
Opvolger | Vitalianus |
Gebore | Aventynse Heuwel, Rome |
Sterf | 2 Junie 657 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Eugenius |
Pous Eugenius I is in die Aventynse Heuwel distrik van Rome gebore as die seun van Rufinianus. Hy was bekend weens sy vroomheid, sagtheid en genadigheid. Hy was 'n priester van sy jong dae en het verskeie poste in die Kerk beklee. Op 16 September 655 volg hy Pous Martinus I op en regeer tot sy dood op 2 Junie 657. Hy word opgevolg deur Pous Vitalianus. Die naam ‘Eugenius’ beteken 'edelgeborene' in Grieks.
Pous Eugenius I is al op 10 Augustus 654 as teenpous geïnstalleer onder dwang van keiser Constans II van Bisantium en die goewerneur Theodorus Calliopas. Hy het homself pas na die dood van Pous Martinus I as die wettige pous beskou.
Hy het hom kragtig verset teen die monotelitisme en die invloed van die keiser van Bisantium en sterf toe hy ook verban sou word soos sy voorganger Pous Martinus I.
Pous Eugenius word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 2 Junie.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Eugenius I. |
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Martinus I |
Pous (Pontifex Maximus) 654 – 657 |
Opgevolg deur Vitalianus |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.