From Wikipedia, the free encyclopedia
Pomare II of Pōmare II (omstreeks 1782 – 7 Desember 1821; volle naam: Tū Tū-nui-ʻēʻa-i-te-atua Pōmare II), was van 1782 tot 1821 die tweede monarg van die Koninkryk Tahiti. Hy is deur sy pa, Pomare I, op die troon geplaas, maar het van 1782 tot 1803 onder dié se regentskap regeer.[2]
Pomare II | |
---|---|
Koning | |
Dinastie | Pomare |
Bewind | 1782 – 7 Desember 1821 |
Volle naam | Tū Tūnuiʻēʻaiteatua Pōmare II |
Gebore | c. 1782 |
Gesterf | 7 Desember 1821 |
Motu Uta, Papeete, Tahiti | |
Voorganger | Pomare I |
Opvolger | Pomare III |
Eggenote | Tetuanui Tarovahine |
Teriʻitoʻoterai Tere-moe-moe | |
Teriʻitariʻa Ariʻipaea Vahine | |
Kinders | Pomare IV Teinaiti Pomare III |
Vader | Pomare I |
Moeder | Tetua-nui-reia-i-te-ra'i-atea[1] |
Hy is aanvanklik erken as die opperheerser van Tahiti, maar is later gedwing om op die nabygeleë eiland Moorea te gaan skuil. Op 12 November 1815 het hy teruggekeer en sy vyande by die Slag van Te Feipi verslaan.[3]
Pomare II was voor Maart 1797 met koningin Tetua-nui Taro-vahine, Ariʻi van Vaiari (nou Papeari) getroud. Sy is op 21 Julie 1806 op Arue oorlede.
Hy het geglo hy het die guns van die god 'Oro verloor en onder leiding van die sendeling Henry Nott die Christelike geloof aangeneem. Hy is op 16 Mei 1819 in Papeete gedoop[4] – sy Christenskap en die steun van die Engelse sendelinge het hom gehelp om die koninklike mag se sentraliseer.
Pomare is op 7 Desember 1821 in Papeete oorlede aan drankverwante oorsake.[5] Hy is deur sy seun, Pomare III, opgevolg wat van 1821 tot 1827 regeer het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.