Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pluto het vyf bekende natuurlike satelliete. Die grootste, Charon, is die grootste satelliet sover bekend in verhouding tot ’n voorwerp met planetêre massa waarom dit wentel. Pluto en Charon het ook permanent dieselfde kante na mekaar gedraai. Die ander mane, Nix, Hidra, Kerberos[1] en Styx is baie kleiner.[2] Laasgenoemde is die jongste Pluto-maan wat ontdek is, soos aangekondig op 11 Julie 2012.[3][4]
Die Pluto-stelsel is baie kompak. Pluto en Charon is al ’n dubbelplaneet genoem omdat Charon so groot is in verhouding tot Pluto (die helfte van sy deursnee en ’n agtste van sy massa). Charon is so groot dat Pluto om die stelsel se massamiddelpunt by ’n punt buite sy oppervlak draai.
Die mane Nix en Hidra is feitlik identies, hoewel laasgenoemde om die een of ander rede effens helderder is.
Die Pluto-stelsel het vermoedelik ontstaan uit ’n groot botsing, nes dié wat vermoedelik die Aarde se maan geskep het.[5][6] Die feitlik sirkelvormige wentelbane van die kleiner mane dui moontlik daarop dat hulle ook in dié botsing ontstaan het, eerder as dat hulle van buite aangetrek is. Daar kan nog soortgelyke mane om Pluto wees wat in die botsing ontstaan het, asook ander onontdekte voorwerpe wat van die Kuiper-gordel aangetrek is.
Die mane word hier aangedui volgens hul wentelperiode, van die kortste tot die langste. Charon, wat groot genoeg is dat sy oppervlak kon ineengestort het, word op ’n blou agtergrond aangedui.
Romeinse nommer |
Naam | IFA- uitspraak |
Foto | Deursnee (km) |
Massa (×1021 kg) |
Half-as (km) |
Wentelperiode (dae) |
Ontdek in |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
I | Charon | ʃærən, ˈkɛərɒn | 1 207 ± 3 | 1,52 ± 0,06 | 17 536 ± 3* | 6,387230 | 1978 | |
V | Styx | stɪks | 10–25 | ? | 42 000 ± 2 000[7] | 20,2 ± 0,1[7] | 2012 | |
II | Nix | ˈnɪks | 46–137 | < 0,002 | 48 708 | 24,856 ± 0,001 | 2005 | |
IV | Kerberos | kɜrbərəs | 13–34 | ? | ≈ 59 000[8] | 32.1[8] | 2011 | |
III | Hidra | ˈhaɪdrə | 61–167 | < 0,002 | 64 749 | 38,206 ± 0,001 | 2005 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.