Plaag (organisme)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Plaag (organisme)

'n Plaag is 'n plant, dier of ander organisme wat nadelig is vir mense of menslike bedrywighede (soos landbou of diereproduksie).[1] Alternatiewe betekenisse sluit in: organismes wat 'n oorlas veroorsaak en epidemiese siektes veroorsaak wat verband hou met 'n hoë mortaliteit (spesifiek: die plaag of pes). In sy breedste sin, is 'n plaag 'n mededinger van die mensdom.[2]

Thumb
Matkewerlarwes beskadig 'n eksemplaar van Sceliphron destillatorius in 'n entomologiese versameling.

Konsep

'n Plaag is enige lewende organisme, 'n dier, plant of fungus, wat indringend of lastig is vir plante of diere, mense of menslike bedrywe, vee, of menslike strukture. Dit is 'n redelike los konsep, omrede 'n organisme 'n plaag kan wees in een omgewing, maar voordelig, mak of aanvaarbaar in 'n ander.

Thumb
Plae kom dikwels in hoë digthede voor, wat die skade wat hulle aanrig selfs erger maak. Hier is 'n kolonie termiete.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.