Die Piazza Venezia is 'n besige plein in die middestad van Rome, geleë aan die voet van die Kapitolyn, een van Rome se sewe heuwels, en naby die Forum Romanum, die historiese middelpunt van antieke Rome. Die plein, wat deur die liberale monargiese bewind merkbaar vergroot en in sy huidige vorm as 'n reghoek aangelê is, is genoem na die Renaissance-paleis Palazzo Venezia aan sy weskant. As geografiese middelpunt van die Italiaanse hoofstad en kruispunt van sommige van sy hoofverkeersare word die Piazza Venezia onder die besigste pleine ter wêreld gereken. Talle toerorganiseerders kies die plein as vertrekpunt vir hul bustoere.
Dit is die beginpunt van 'n reeks strate wat in 'n straalvormige patroon aangelê is - Via del Corso (wat tot die Piazza del Popolo lei), die Via Cesare Battisti (wat na die Kwirinaal, een van Rome se sewe heuwels, en tot die Via Nazionale en die hooftreinstasie Termini lei), die Via die Fori Imperiali (tot die Colosseum), die Via di Teatro di Marcello (tot die Tiberrivier) en die Via del Plebiscito tot die Sint Pieterskerk.[1]
Tydens die boubedrywighede vir Rome se nuwe derde metrolyn C en die stasie Venezia is in 2009 die ruïne van keiser Hadrianus se Atheneum, 'n antieke skool wat ter bevordering van die literatuur en wetenskaplike studies gevestig is, op die plein se sentrale gedeelte opgegrawe.[2]
Verwysings
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.