Remove ads
Franse akteur From Wikipedia, the free encyclopedia
Philippe Pierre Fernand Noiret (Lille, 1 Oktober 1930 - Parys, 23 November 2006) was een van die gewildste Franse akteurs. Hy was aanvanklik 'n toneelspeler en het later rolle in sowat 150 rolprente vertolk. Hy het saam met die meeste van Frankryk se beduidenste akteurs opgetree en veral saamgewerk met die Franse regisseur Bertrand Tavernier.
Philippe Noiret | |
Philippe Noiret in 2003. | |
Geboorte | 1 Oktober 1930 Lille |
---|---|
Sterfte | 23 November 2006 Parys |
Nasionaliteit | Frans |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Noiret, wat in Toulouse opgegroei het, was die seun van 'n klein tekstielhandelaar met 'n passie vir literatuur en poësie.
Die eerste stappe in die rigting van onafhanklikheid was baie moeilik vir hom. Hy het drie keer nie die Franse baccalauréat-eksamen (matriek) geslaag nie. In 1949 het hy sy eerste rol in die verfilming van Colette se kortroman Gigi vertolk. Een jaar later het hy sy toneelopleiding by Roger Blin by die Centre Dramatique de l'Ouest in Parys begin.
In 1953 het hy deur bemiddeling van Jean-Pierre Darras 'n lid van Jean Vilar se toneelgroep by die Paryse Théâtre populaire national geword, waar hy sewe jaar lank opgetree het. In hierdie tydperk het hy saam met Darras ook as vermaakkunstenaar en komediant in 'n Paryse nagklub opgetree. By die teater het ook sy toekomstige eggenote, die aktrise Monique Chaumette, ontmoet en in 1962 met haar getrou.
Noiret het in 1968 bekendheid verwerf met sy hoofrol in die rolprent Alexandre le bienheureux ("Alexandre. die lewenskunstenaar"), wat die oorgrote rol van persoonlike en ekonomiese prestasies in die destydse maatskappy bevraagteken het.
Noiret het sy indrukwekkendste rolle in Louis Malle se Zazie (1960), La grande bouffe (1973) en Cinéma Paradiso (1988) vertolk. Sy grootste prestasie as 'n akteur was sy veelsydigheid. Hy het dikwels die rolle van boosdoeners - en hier veral persone met baie skakerings - vertolk. Die karakterrolle, wat hy gevul het, was dikwels deur 'n ironiese ondertoon gekenmerk.
Vanweë sy eerder gemiddelde aansienlikheid is hy aanvanklik nie genooi om romantiese rolle te vertolk nie, maar het dikwels as 'n goedmoedige karakter opgetree. Eers ná sy rol in die farce La grande bouffe is hy genader om komplekse karakters te vertolk.
Philippe Noiret word oorleef deur sy vrou, Monique Chaumette, wat soms saam met hom opgetree het, en sy dogter Frédérique. Hy is op 23 November 2006 ná 'n lang en verbete stryd teen kanker in sy huis in Parys oorlede.
Titel | Jaar | Notas |
---|---|---|
Gigi | 1948 | |
Olivia | 1950 | |
Agence matrimoniale (rolprent) | 1952 | |
La Pointe courte | 1956 | Staan ook bekend as The Short Point, met Agnès Varda |
Zazie dans le métro | 1960 | Staan ook bekend as Zazie in the Metro of Zazie, regisseur: Louis Malle |
Le Capitaine Fracasse | 1961 | |
Comme un poisson dans l'eau | 1962 | |
Les Copains | 1964 | |
La Vie de château | 1965 | |
Tendre voyou | 1966 | |
Alexandre le bienheureux | 1967 | |
Topaz | 1969 | L'Étau, deur Alfred Hitchcock met Claude Jade en Michel Piccoli |
Clérambard | 1969 | Het die rol van Hector de Clérambard vertolk |
Mr. Freedom | 1969 | |
La Mandarine | 1971 | |
La Grande Bouffe | 1973 | Het die rol van Philippe vertolk |
Amici Miei | 1975 | |
Une Femme à sa Fenêtre | 1976 | |
Le Témoin | 1978 | |
L'étoile du nord | 1982 | |
Amici Miei, Atto II | 1982 | |
Coup de Torchon | 1981 | |
Souvenirs souvenirs | 1984 | |
Les Ripoux | 1984 | |
L'Eté prochain | 1985 | |
La Famille | 1986 | |
Masques | 1987 | |
Ripoux contre ripoux | 1989 | |
Nuovo Cinema Paradiso | 1989 | |
J'embrasse pas | 1991 | |
Tango | 1992 | |
Il Postino | 1994 | Met Maria Grazia Cucinotta en Massimo Troisi |
Max et Jérémie | ||
La Fille de d'Artagnan | 1994 | Met Bertrand Tavernier |
Marianna Ucria | ||
Soleil | 1997 | Met Sophia Loren |
Le Pique-nique de Lulu Kreutz | 1999 | |
Les Côtelettes | 2002 | |
Père et fils | 2002 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.