Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Petra (Arabies: البتراء, Al-Batrāʾ; Antieke Grieks: Πέτρα), onder die Nabateërs bekend as Raqmu, is 'n ruïnestad in suidwestelike Jordanië en was in antieke tye die hoofstad van die Nabatese ryk asook 'n belangrike kruispunt in die Midde-Ooste. Die stad is bekend vir sy graftempels wat uit die rotse gebeitel is. Petra is in 1985 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys en word as een van die sewe nuwe wonders van die wêreld beskou.[1] Die stad is Jordanië se bekendste en mees besoekte toeristebestemming.[2] Petra word weens sy rooi sandsteen "'n roosrooi stad die helfte so oud soos tyd" genoem.
Petra* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Khazne al-Firaun of "die farao se skatkis" in Petra | |
Ligging van Petra in Jordanië | |
Koördinate: 30°19′43″N 35°26′31″O | |
Lande | Jordanië |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | i, iii, iv |
Verwysings | 326 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1985 (9de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Petra is halfpad tussen die Dooie See in die noorde en die Golf van Akaba in die suide, oos van die grens met Israel op 'n plato, geleë. Sy ligging is as strategies gunstig beskou omdat hier verskeie belangrike handelsroetes ontmoet het, maar die stad kon ook net deur nou nisse tussen die rotse bereik word.
Petra is in die 5de eeu v.C. gestig en ná die stad word onder andere deur Strabo, Plinius die ouere en Flavius Josephus verwys. Tussen die 3de eeu v.C. en die 1ste eeu n.C. het Petra sy bloeitydperk beleef. Nadat die gebied deur die Arabiere in 663 verower is, het die laaste inwoners die stad verlaat. Petra was tot in 1812 nie in die Westerse wêreld bekend nie, toe dit deur die Switserse ontdekkingsreisiger Johann Ludwig Burckhardt herontdek is.
Die stad is van water voorsien, wat uit omliggende reservoirs met akwadukte na die stad gelei is. Petra se argitektuur toon 'n Grieks-Romeinse invloed wat met die plaaslike Nabatese stil vermeng is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.