Remove ads

Peter Rudolf de Vries (gebore 14 November 1956 - 15 Julie 2021) was 'n Nederlandse ondersoekjoernalis en misdaadverslaggewer. Sy televisieprogram Peter R. de Vries, misdaadverslaggever (1995–2012) gaan oor hoë profiel sake en stel 'n Nederlandse televisiekykrekord op.[1] In 2005 stig hy sy eie politieke party wat kort daarna ontbind is.[2] Op 6 Julie 2021 word hy geskiet nadat hy die televisie-ateljee van RTL Boulevard in Amsterdam verlaat het waar hy as gas verskyn het. Hy is in 'n kritieke toestand na 'n hospitaal gebring,[3][4][5] en sterf op 15 Julie aan sy wonde.

Thumb
Peter de Vries in 2017.

In Nederland was De Vries bekend as misdaadverslaggewer en het hy heelwat erkenning daarvoor ontvang, maar hy het by tye ook kontroversie veroorsaak. Hy was veral bekend daarvoor dat hy koue sake ondersoek het. Die koerant De Telegraaf beweer dat De Vries reeds meer as 500 moordsake gedurende sy loopbaan ondersoek het, dat hy verdwynings opgelos het, talle bedrieërs, swendelaars, afpersers sowel as seksoortreders aan die pen laat ry het.[6]

Remove ads

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.

Remove ads