Poolse STOL vragvliegtuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Die PZL M28 Skytruck is 'n Poolse ligte vrag- en passasiersvliegtuig met kort-opstyg-en-land vermoë, ontwikkel uit die Antonof An-28 wat onder lisensie vervaardig word. Die eerste eenhede gebou onder lisensie was die PZL An-28 genoem. Die maritieme en verkenningsvliegtuig is die PZL M28B Bryza (Seebries) genoem.
PZL M28 Skytruck | |
---|---|
Tipe | Vrag en verkenningsvliegtuig |
Vervaardiger | PZL Mielec |
Ontwerp deur | Antonov/PZL Mielec |
Nooiensvlug | 22 Julie 1984 (PZL An-28) 24 Julie 1993 (PZL M28 Skytruck) |
Status | In diens, in produksie |
Hoofgebruikers | Poolse Lugmag Poolse Vloot Venezuela Lëer Amerikaanse Lugmag |
Vervaardig | 1984-1993 (PZL An-28) 1993- (PZL M28 Skytruck) |
Aantal gebou | 200+ (insluitend PZL An-28) |
Eenheidskoste | VS$6.5-7 Miljoen[1] |
Ontwikkel van | Antonof An-28 |
Die Antonof An-28 was die wenner van 'n kompetisie teen die Beriev Be-30 vir 'n nuwe, ligte passasiers- en veeldoelige vliegtuig vir Aeroflot se korter roetes. Dit het die suksesvolle maar verouderde Antonof An-2 dubbeldekker vliegtuig vervang. Die An-28 is op sy beurt ontwikkel uit die Antonof An-14. Die An-28 het die hoë vlerk en dubbelstertvinkonsep behou maar die romp is langer en verbeter. Dit is ook toegerus met turboskroefmotore. Die aanvanklike motors was die TVD-850 maar die produksieweergawe is toegerus met die kragtiger TVD-10B, met drielemskroewe.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.