vertakking van die geneeskunde wat fokus op aandoenings en beserings van bene, gewrigte, spiere, tendons en ligamente From Wikipedia, the free encyclopedia
Ortopedie is 'n vertakking van die geneeskunde wat fokus op aandoenings en beserings van bene, gewrigte, spiere, tendons en ligamente. 'n Spesialis in ortopedie is 'n ortopeed.
Ortopediese chirurgie is die tak van chirurgie wat verband hou met toestande van die muskuloskeletale stelsel. Ortopediese chirurge gebruik beide chirurgiese en nie-chirurgiese metodes om muskuloskeletale trauma, ruggraatsiektes, sportbeserings, degeneratiewe siektes, infeksies, gewasse en aangebore afwykings te behandel.
Nicholas Andry het die woord in Frans as orthopédie afgelei van die antieke Griekse woorde ὀρθός orthos ( "korrek", "reguit") en παιδίον paidion ( "kind"), self gepubliseer in Orthopedics (vertaal as Orthopædia: Of die kuns van regstelling en voorkoming van deformiteite in kinders [1] ) in 1741. Die woord is geassimileer in Engels as ortofedika; Die ligatuur æ was algemeen in daardie era vir ae in Grieks- en Latynsgebaseerde woorde. Alhoewel, soos die naam aandui, is die dissipline aanvanklik ontwikkel met aandag aan kinders. Die korreksie van rugmurg- en beendeformiteite in alle lewensfases het uiteindelik die hoeksteen van die ortopediese praktyk geword.
Baie ontwikkelings in ortopediese chirurgie het as gevolg van ervarings tydens oorlogstyd gelei. Op die slagvelde van die Middeleeue is die beseerdes behandel met verbande wat in perde se bloed geweek is, wat droog geword het om 'n stywe, maar onhigiëniese spalk te vorm.
Jean-André Venel het in 1780 die eerste ortopediese instituut gestig, wat die eerste hospitaal was wat toegewy was aan die behandeling van kinders se skeletale misvormings. Hy het die klubvoetskoen ontwikkel vir kinders wat met voetvervormings gebore is en verskeie metodes om kromming van die ruggraat te behandel.
Vooruitgang in chirurgiese tegniek gedurende die 18de eeu, soos John Hunter se navorsing oor tendongenesing en Percival Pott se werk op ruggraatvervorming, het die reeks nuwe metodes beskikbaar vir effektiewe behandeling gestaag toegeneem. Antonius Mathijsen , 'n Nederlandse militêre chirurg, die uitvinder van gegote gips in 1851. Tot en met die 1890's was ortopedie egter nog 'n studie beperk tot die regstelling van misvorming by kinders. Een van die eerste chirurgiese prosedures wat ontwikkel is, was perkutane tenotomie. Dit het betrekking op die sny van 'n pees, oorspronklik die Achilles-tendon, om te help om misvormings te behandel saam met spanning en oefeninge. In die laat 1800's en die eerste dekades van die 1900's was daar aansienlike kontroversie oor die vraag of ortopedie chirurgiese prosedures hoegenaamd moet insluit. [2]
Voorbeelde van mense wat die ontwikkeling van moderne ortopediese chirurgie bevorder het, is Hugh Owen Thomas, 'n chirurg van Wallis en sy neef, Robert Jones. [3] Thomas was op jong ouderdom geïnteresseerd in ortopedie en beenbepaling en het na die stigting van sy eie praktyk die veld uitgebrei na algemene behandeling van fraktuur en ander muskuloskeletale probleme. Hy het gepleit vir rus as die beste middel vir frakture en tuberkulose en het die sogenaamde 'Thomas Splint' geskep om 'n gebroke femur te stabiliseer en infeksie te voorkom. Hy is ook verantwoordelik vir talle ander mediese innovasies wat almal sy naam dra: 'Thomas se kraag' om tuberkulose van die servikale werwelkolom te behandel, 'Thomas's maneuver', 'n ortopediese ondersoek na die breuk van die heupgewrig, die Thomas-toets, misvorming deurdat die pasiënt plat in die bed lê, 'Thomas se moersleutel' vir die vermindering van frakture, sowel as 'n osteoklast om bene te breek en te herstel.
'n Ernstige aangebore afwyking wat nie dikwels oorkom nie, is osteogenesis imperfecta (onvolmaakte beenvorming). Die vorming van die been is versteur, met die gevolg dat die geringste stamp of ander tipe besering die been laat breek.
Pasiënte wat aan hierdie siekte ly, is dikwels doof. Die oorsaak hiervan is onbekend en die siekte kan nie genees word nie. Die aangebore afwyking wat die meeste voorkom, is aangebore heupontwrigting. Weens ontwikkelingstoornisse van die heupgewrig tree 'n spontane ontwrigting in, met die gevolg dat die kop van die dybeen verkeerd uitgroei. Indien die afwyking nie behandel word nie, begin die kind eers laat in sy lewe loop en dan ook slegs waggelend.
Later tree 'n verkorting van die bene in en die bobene vou na binne (coxa valga). Hoe langer daar met behandeling gesloer word, hoe kleiner word die kanse op volledige herstel, en derhalwe word daar vandag reeds direk na geboorte asook tydens latere besoeke aan klinieke gelet op die aanwesigheid van aangebore heupontwrigting. Dit is dikwels moeilik om tydens die eerste paar lewensmaande ʼn diagnose te maak omdat geen ontwrigting nog in hierdie stadium plaasgevind het nie.
Ontwrigting kan in hierdie stadium ook nog maklik voorkom word deur die kind se bene oopgesprei te hou, byvoorbeeld met 'n kussing. Indien ontwrigting eenmaal ontstaan het, kan die jong kind behandel word deur die onderlyf en been in gipsverband te plaas nadat die dybeenkop eers in die potjie teruggedwing is. Die gips, wat die bene in 'n uitgespreide toestand hou, moet 1 tot 1 % jaar aangehou word. As die afwyking egter eers in die kleuterstadium ontdek word, is 'n operasie nodig.
Hier word byvoorbeeld die bokant van die heuppotjie deur middel van kunsplastiek so ver na onder verleng dat die dybeenkop nie meer kan uitglip nie. 'n Dergelike operasie, naamlik die konstruksie van 'n funksionele gewrig in die geheel, kan ook uitgevoer word. By volwassenes kan die heupgewrig alleenlik deur middel van 'n operasie gefikseer word. Die gewrig self kan dus nie meer funksioneer nie, maar dit veroorsaak ook geen pyn meer nie. 'n Ander metode is om die dybeen deur te saag en dan in die gewenste stand te laat aangroei. Die teenoorgestelde toestand van coxa valga, bekend as coxa vara, kom ook voor. Die dybeen is dan na buite gedraai en die pasiënt loop wydsbeen.
Ook hierdie aandoening kan 'n aangebore afwyking wees, maar dit is meestal die gevolg van ʼn ongeluk. Die behandeling hang af van die oorsaak. 'n Afwyking by die knieë kom by verskillende pasiënte voor. As die knieë na binne vou en die onderbeen na buite, word van x-bene (genu valgum) gepraat. As die afwyking net aan die een kant voorkom, is dit meestal die gevolg van 'n ongeluk. Omdat artrose (ʼn degeneratiewe aandoening) deur die foutiewe belasting van die kniegewrig bevorder word, is 'n operasie (osteotomie) in sommige gevalle nodig.
By kinders kom die verskynsel dikwels aan albei kante voor, maar dit verdwyn meestal spontaan. By o-bene (genu varum) is die knie na buite gerig en die onderbeen na binne. Dit is 'n aangebore afwyking wat eers tydens die groeiproses, gedurende puberteit, na vore kom. 'n Voorbeeld hiervan is idiopatiese skoliose, waartydens daar weens onbekende oorsake ʼn sywaartse verkromming van die werwelkolom intree. Die behandeling word bepaal deur die mate van gevorderdheid en ernstigheid van die aandoening.
By 'n jong pasiënt kan verbetering verkry word deur die aanbring van 'n gipskorset. 'n Operasie wat relatief gereeld uitgevoer word, is die waar die werwelkolom permanent gefikseer word (spondilosindese). Die drastiese kuur word gewoonlik eers op so ʼn hoë ouderdom as moontlik toegepas. 'n Rugprostese word dan gewoonlik voorgeskryf. Dit rus op die bekkenbene en ondersteun die ken. Hierdeur bly die werwelkolom gestrek. Indien die buiging in die borsgedeelte van die werwelkolom te sterk na agter plaasvind (kifose), onstaan 'n boggel. Die boggel is boogvormig (gibbus arcuatus) as 'n aantal opeenvolgende werwels afwykend vertoon. Die vorm kom onder andere voor by ragitis, osteoporose (ontkalking van die skelet) en as 'n ouderdomskwaal.
'n Spits boggel (gibbus angularis) ontstaan as gevolg van 'n aandoening van slegs enkele werwels, soos wat die geval is by kanker of tuberkulose. Omdat die borskas ook vergroei, kom probleme met asemhaling asook longprobleme dikwels voor. In sommige gevalle kom ʼn sywaartse verkromming van die werwelkolom saam met 'n oordrewe agterwaartse kromming voor. Dit staan dan bekend as kifoskoliose.
Die klagte waarmee 'n ortopeed die meeste gekonfronteer word, is ongetwyfeld rugpyn. Die klagte spruit meestal uit 'n verworwe afwyking, byvoorbeeld weens 'n ongeluk of 'n verkeerde liggaamshouding. Die vasstelling van die oorsaak is die werk van die ortopeed; die behandeling van die probleem is egter die werk van ʼn fisioterapeut. Die behandeling van voetafwykings vorm 'n belangrike onderafdeling van ortopedie. In die geval van ernstige, nie-geneesbare voetmisvormings kan spesiale skoene vir die pasiënt se voete deur 'n ortopediese skoenmaker gemaak word.
Hierdeur kan die klagte verminder word en die afwyking is gewoonlik dan ook minder opvallend. 'n Voetafwyking wat baie gereeld voorkom, is die van 'n afgesakte voetbrug of platvoet (pes planus). Daar word onderskei tussen 'n afgesakte middelvoet en ʼn afgesakte voorvoet. In die eerste geval is die buiging van die voet in die lengteas te gering. Die voet en die enkel word hierdeur abnormaal belas, met 'n gevolglike vroeë artrose in die gewrigte en gepaardgaande pyn. By die ander geval is die oorkruisgeboënheid van die voet te min.
Die probleem ontstaan gewoonlik as gevolg van die dra van skoene waarvan die hakke te hoog is. Afgesien van moegheid, pynlike geswel en hinderlike asook onooglike eelte op die voete kan die voete ook verder misvorm word. Die dra van ondersteunende (opgeboude) skoene bied gewoonlik 'n oplossing. Soms moet 'n operasie uitgevoer word. By 'n holvoet is die lengte-verlopende buiging van die voet abnormaal hoog. Die dra van aangepaste skoene kan die oorbelading van die voorvoet en hak voorkom.
Dikwels word 'n ortopeed in ʼn vroeë stadium geraadpleeg oor die een of ander traumatiese letsel aan die bewegingsapparaat. 'n Voorbeeld hiervan is die voetbal (rugby)knie. Die kraakbenige menuskus kan deur 'n verkeerd uitgevoerde draaibeweging van die kniegewrig beskadig word. Die gevolg is 'n pynlike, opgeswelde knie, waarvan die beweging aansienlik beperk is (die knie is gewoonlik gesluit). Die enigste behandeling is die chirurgiese verwydering van die kraakbeen in die kniegewrig.
Die gevolge van ongevalleletsels, soos met pseudo-artrose, vergroeide beenbreuke of spierpese wat tydens genesing te kort gegroei het, vorm 'n verdere belangrike werkterrein van die ortopeed. Pseudoartrose kan deur middel van osteosintese (letterlik die samevoeging van bene) behandel word. 'n Aantal operasietegnieke word onder hierdie term saamgevat. Metaalskroewe, -penne en -plate word gebruik om die dele onbeweeglik ten opsigte van mekaar te hou sodat genesing kan plaasvind.
Afwyking van die skouergordel en -gewrig wat ortopediese hulp vereis, is meestal die gevolg van ongevalleletsels wat nie goed genees nie. Aangebore defekte of rumatiese aandoeninge kom egter ook voor. 'n Skouerafwyking wat moontlik aangebore is, is skouerontwrigting wat herhaaldelik voorkom. Daar bestaan egter enkele operasietegnieke waarvolgens 'n skouergewrig funksioneel herstel kan word. 'n Ortopeed bly ook voortdurend besig met die operatiewe aanbrenging van prostese in die plek van misvormde gewrigte, byvoorbeeld heup-, knie- en vingergewrigprostese by chroniese rumatiek.
Verkorte spierpese word behandel deur die pees deur te sny (tenotomie), waarna dit gerek (verleng) word. Indien die spierpees uitgeskakel moet word, kan die pees of deurgesny, of vasgewerk word (tenodese).
Baie ortopediese chirurge verkies om verdere opleiding, of genootskappe te doen, na afloop van hul aanvanklike opleiding. Genootskapopleiding as 'n ortopediese subspesialis duur tipies een jaar (soms twee) en het soms 'n navorsingskomponent betrokke by die kliniese en operatiewe opleiding. Voorbeelde van ortopediese opleiding met spesialiteite is:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.