Okrosjka (Russies: окрошка) is 'n tradisionele Russiese koue sop. Die naam is 'n afleiding van die Russiese werkwoord крошить (krosjit'), wat "fyn kap" of "verkrummel" beteken. 'n Klassieke okrosjka is 'n mengsel van meesal rou groente (soos komkommers, lente-uitjies, radyse), gekookte aartappels en ham met kwas, 'n alkoholiese drank. Die kwas kan vervang word deur kefir of suurlemoensap.
Die bestanddele word in klein blokkies fyngesny en kort voor opdiening met die kwas gemeng. Die verhouding groente tot kwas is gelyk aan die verhouding ontbytgraan tot melk wanneer pap gemaak word. Sodoende bly die groente lekker krakerig.
Okrosjka is geskik as somermaaltyd (heeljaar in Suid-Afrika) omdat dit verfrissend is, byna soos slaai. Die meeste mense eet hul okrosjka saam met maaskaas of jogurt of voeg bitter Russiese mosterd of selfs 'n tikkie suiker by.
Galery
- Classic okroshka with beaf. Nearby smetana, special dressing (made from pounding yolks, russian mustard, horse radish, green onion, salt) and kvass
- Okroshka, the dressing is added
- Okroshka, kvass is added
- Okroshka is mixed, smetana is added
- Okroshka is mixed with smetana, ice is added.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.