Die Oka (Russies: Ока) is ’n rivier in die Europese deel van Rusland en die belangrikste regtersytak van die Wolga. Dit is 1 500 km lank, waarvan 1 200 km (van Serpoechof af) bevaarbaar is. Die rivier vloei onder andere deur die oblaste Orjol, Toela, Moskou, Rjazan, Wladimir en Nizjni Nowgorod. Dit mond by die stad Nizjni Nowgorod in die Wolga uit.

Hierdie artikel handel oor die rivier in Wes-Rusland. Vir die rivier in Siberië met dieselfde naam, sien Oka (Siberië).
Kitsfeite Ока ...
Ока
Thumb
Monding van die Oka in die Wolga-rivier by Nizjni Nowgorod.
Monding van die Oka in die Wolga-rivier by Nizjni Nowgorod.
Thumb

Die stroomgebied van die Oka-rivier.

Oorsprong naby Glasunowka (Rusland)
Monding naby Nizjni Nowgorod in die Wolga
Stroomgebied Rusland
Lengte 1 500 km (932 myl)
Oorspronghoogte 150 m (492 voet)
Mondinghoogte 78 m (256 voet)
Gemiddelde afloop 1 300 m³/s (46 000 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 245 000 km² (95 000 myl²)
Thumb
Kaart van die Oka-bekken in Europa.
Sluit

In die winter is die Oka vyf maande lank gevries. Tot ’n paar jaar gelede het motors oor die ys na die ander kant van die rivier gery, maar weens minder koue winters is dit nie meer moontlik nie omdat die ys nie meer so sterk is nie.

Bakens

Talle historiese en kulturele plekke kom op die oewers van die Oka voor, onder andere die Middeleeuse kloosters van Moerom, die moskees en minarette van Kasimof, die kremlins van Kolomna en Serpoechof en die ruïnes van die ou Rjazan.

Sytakke

Die bekendste sytak van die Oka is die Moskwa: Die Oka maak dan ook deel uit van die historiese verbintenis van Moskou met die Wolga. Ander sytakke sluit in die Oegra, Protwa, Nara, Pra, Osjotr, Pronja, Moksja en Kljazma.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.