Oeuvre
From Wikipedia, the free encyclopedia
Oeuvre (uitspraak: û-wre) is 'n leenwoord uit Frans wat verwys na die hele korpus van 'n kunstenaar se werk as 'n geheel.
Oeuvrepryse word op verskillende artistieke gebiede toegeken. Daar is byvoorbeeld oeuvrepryse vir skrywers en akteurs. So 'n prys word dan vir die somtotaal van die kunstenaar se werke toegeken, en nie slegs vir 'n enkele werk nie.
As voorbeelde:
- Die skrywer Chris Barnard ontvang in 1991 die Hertzogprys vir drama vir sy oeuvre.
- Deon Opperman ontvang in 2006 die Hertzogprys vir sy hele oeuvre.
Sien ook
- Bloemlesing, beste skrywes van 'n outeur of outeurs.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.