In Egiptiese mitologie, spesifiek die Heliopolitaanse tradisie, was Benben die heuwel wat uit die oerwaters, Noe, verrys het en waarop die skeppergod, Atoem, gerus het. Die Benben-steen is die boonste steen van ’n Egiptiese piramide. Dit hou ook verband met die obelisk.

Thumb
’n Herskepte boonste steen van een van die piramides van Giza wat Benben simboliseer.

Oerheuwel

Thumb
Die Benben-steen van die piramide van Amenemhat III uit die 12de Dinastie (Egiptiese Museum, Kaïro).

In die Piramidetekste word Atoem self soms "heuwel" genoem. Daar word gesê die heuwel het in ’n klein piramide verander wat geleë is in Annoe, waar Atoem hom ook bevind. Ander stede het hul eie mites oor die oerheuwel ontwikkel. In Memphis was die god Tatenen, ’n aardgod, die verpersoonliking van die oerheuwel.

Benben-steen

Thumb
’n Bennoe-voël op ’n Egiptiese papirus.

Die Benben-steen, wat na die heuwel genoem is, was ’n heilige steen in die Antieke Egiptiese tempel van Ra by Heliopolis. Dit was die plek waar die eerste strale van die son geval het. Dit was vermoedelik die prototipe van latere obeliske en die ontwerp van die boonste steen van piramides, die piramidion, is waarskynlik daarop gebaseer. Dit was waarskynlik verguld, sodat dit in die sonlig geblink het. Die piramidion is ook die Benben-steen genoem. Baie sulke stene word oral in die wêreld in museums aangetref en bevat dikwels beelde of inskripsies.

Die mitologiese feniks is as die bennoe-voël aanbid in Heliopolis, waar hulle geglo het dit bly op die benben. Volgens die Egiptoloog Barry Kemp berus die verband tussen die benben, die feniks en die son dalk op alliterasie: die opkoms, of weben, van die son stuur strale na die benben, waarop die bennoe-voël bly. In die Piramidestekste word van Atoem gepraat wanneer gesê word: "Jy kom op, as die benben, in die huis van die bennoe in Heliopolis".[1]

Verwysings

Bibliografie

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.