Modimolle
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nylstroom, amptelik Modimolle ("Plek van die Geeste"), is 'n dorp in die Waterberg-streek van die Suid-Afrikaanse Limpopoprovinsie, sowat 135 kilometer noord van Pretoria. Die ekonomiese basis van Nylstroom is landbou (met sitrusvrugte en druiwe as die vernaamste produkte), veeteelt en toerisme.
Nylstroom Modimolle | |
---|---|
Koördinate: 24°42′S 28°24′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Waterberg |
Munisipaliteit | Modimolle–Mookgophong |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 83,3 km2 (32,2 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 41 988 |
• Digtheid | 504/km2 (1 310/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 11.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 0.5% |
• Swart mense | 87.5% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 62.2% |
• Afrikaans | 11.1% |
• Tsonga | 9.7% |
• Tswana | 4.8% |
• Ander | 12.2% |
Poskode (strate) | 0510 |
Poskode (posbusse) | 0510 |
Skakelkode | 014 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Modimolle. |
Geskiedenis
In die veertigerjare van die 19de eeu vertrek 'n groep Voortrekkers, bekend as die Jerusalemgangers, onder "die profeet" Johan Enslin op soek na die Heilige Land. Toe hulle die gebied van die huidige Nylstroom bereik het, glo hulle dat hulle die oorsprong van die Nylrivier ontdek het en vestig hulle in die streek. Die naam van die dorp en die nabygeleë Nylrivier verwys nog steeds na hulle tog en oortuigings.
Die NG gemeente Waterberg, wat in 1860 gestig is, staan bekend as die oudste in Afrika suid van die Sahara en noord van Pretoria.[2] Eweneens is die Gereformeerde kerk Waterberg, gestig in 1859, die oudste van dié kerkverband in dieselfde streek. 'n Spoorwegverbinding met Pretoria is in 1898 geopen. Nylstroom was die woonplek van die voormalige Eerste Minister van die Republiek van Suid-Afrika, J.G. Strijdom.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog rig die Britte 'n konsentrasiekamp vir vroue en kinders naby die dorp op. 544 van hulle is oorlede in die kamp wat in Mei 1901 geopen en in Maart 1902 gesluit is.
- Boerekrygsgevangenes word in November 1901 die dorp binnegebring
- Byeenkoms vir 'n opelug-erediens in die konsentrasiekamp, ca. 1901
Sien ook
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- Gereformeerde kerk Nylstroom
- Weesgerus, vakansieoord 3 km buite die dorp
Verwysings
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.