From Wikipedia, the free encyclopedia
Nu Octantis (afgekort as ν Oct) is ’n spektroskopiese dubbelster[8] in die sterrebeeld Oktant met ’n wentelperiode van sowat 2,9 jaar.[7] Met sy skynbare magnitude van 3,73[3] is dit die helderste ster in die sterrebeeld. Dit is sowat 69,1 ligjare van die Son af.[2] Die primêre ster is ’n oranje reusester van spektraaltipe K1 III,[1] en is dus ’n ster wat die waterstof in sy kern opgebruik en uitgesit het. Die sekondêre ster is waarskynlik ’n rooidwerg met ’n lae massa.[4]
Nu Octantis
| ||||
Die ligging van Nu Octantis (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Oktant | |||
Spektraaltipe | K1 III[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 41m 28.64977s[2] | |||
Deklinasie | -77° 23′ 24.1563″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,73[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 2,1[3] +2,02[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1.00[5] | |||
U-B-kleurindeks | +0,89[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,04[6] 1,61 / 0,585[4] | |||
Radius (R☉) | 5,9[6] 5,81 ± 0,12[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 17,53[3] | |||
Ouderdom (jaar) | ~2,5-3 miljard[4] | |||
Temperatuur (K) | 4 860 ± 40[7] | |||
Afstand (ligjaar) | 69,1 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 2[4] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,18 ± 0,04[4] | |||
Ander name | ||||
CD-77 1079, CCDM J21415-7723A, FK5 810, GC 30289, GJ 9744, HIP 107089, HR 8254, HD 205478, SAO 257948, WDS J21415-7723A | ||||
|
In 2009 is voorgestel die stelsel het ’n eksoplaneet, geskoei op versteurings in die wentelperiode.[7] Die versteurings kan egter daaraan toegeskryf word dat die sekondêre ster self ’n dubbelster is,[9] aangesien die vorming van ’n planeet in so ’n stelsel moeilik sal wees vanweë dinamiese versteurings.[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.