Noah Webster

From Wikipedia, the free encyclopedia

Noah Webster

Noah Webster (* 16 Oktober 1758 in West Hartford (Connecticut), † 28 April 1843 in New Haven (Connecticut), was 'n Amerikaanse leksikograaf, politieke skrywer, vertaler en uitgewer. Hy het egter veral bekendheid verwerf as spellinghervormer en skrywer van handboeke en word derhalwe ook die "Vader van Amerikaanse Geleerdheid en Opvoedkunde" genoem.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Noah Webster
Thumb
Gebore
Noah Webster, Jr.

16 Oktober 1758
West Hartford, Connecticut
Sterf28 April 1843 (op 84)
New Haven, Connecticut
Nasionaliteit Verenigde State
BeroepLeksikograaf, skrywer, Connecticut se staatlike verteenwoordiger
Politieke partyFederaliste
EggenootRebecca Greenleaf Webster (huwelik in 1789)
Kinders8
GeloofChristendom (Kongregasionaliste)
Handtekening
Thumb
Sluit

Vyf generasies skoliere in die Verenigde State het met Webster se spelboeke geleer spel en lees, en sy naam het 'n sinoniem vir "woordeboek" geword danksy die moderne Merriam-Webster-woordeboek wat vir die eerste keer in 1828 as An American Dictionary of the English Language verskyn het.

Webster word beskou as die vader van die Amerikaanse Taalbeweging. Webster het hom veral beywer vir 'n Amerikaanse taal, wat moes kom in die plek van Engels. Hy het talle werke gepubliseer om hierdie doel te probeer verwesenlik. Hierin het hy die verskille tussen Amerikaans en Engels uitgewys en hiermee gehoop om die Amerikaners daarvan te oortuig dat hulle 'n eie inheemste taal het wat baie sterk afwyk van Britse Engels. Webster se beroemde Spelling Book het dan ook wêreldbekendheid verwerf.[1] Die Amerikaanse Taalbeweging was egter nie suksesvol nie en het teen ongeveer 1925 doodgeloop.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.