From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nemeïese Spele (Grieks: Νέμεα Nemea) was kompetisies wat elke twee jaar in Nemea in Antieke Griekeland gehou is. Dit was een van vier pan-Hellenistiese spele en is in die jaar voor of ná die Olimpiese Spele gehou, en twee maande ná die Istmiese Spele. Nes die Olimpiese Spele was dit ter ere van die god Zeus.
Volgens legendes is die spele begin nadat Herakles (Hercules) die Nemeïese leeu verslaan het. ’n Ander rede wat aangevoer word, is dat dit aanvanklik die begrafnisspele was vir die jong seun van ’n koning met die naam Opheltes. Die historiese bronne oor die spele begin in 573 v.C. Die wenners het tradisioneel ’n krans van selderyblare gewen. Lofliedere is ook vir hulle geskryf.
Die program van die spele het ingesluit voetrenne, boks, boogskiet, stoei, diskuswerp, spiesgooi, strydwarenne en musiekkompetisies.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.