Nelsonrivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Nelsonrivier (Engels: Nelson River; Frans: Fleuve Nelson) is 'n groot noordoos-vloeiende rivier in Kanada. Die Nelsonrivier het 'n lengte van 644 km en vloei deur die Kanadese provinsie Manitoba. Die rivier dreineer die Winnipegmeer en vloei vir sowat 644 km voordat dit in die Hudsonbaai uitmond. Sy volle lengte (insluitende die Saskatchewanrivier en Bowrivier) is 2 575 km, sy gemiddelde afloop beloop 2 370 m³/s en sy stroomgebied streek oor sowat 1 072 300 km², waarvan 180 000 km² in die Verenigde State.[2]
Die Nelsonrivier ontspring in die Winnipegmeer in Manitoba en vloei in 'n noordoostelike rigting, voordat dit in die Hudsonbaai uitmond. Aan die monding van die Nelsonrivier het vanaf 1912 tot 1918 die hawedorp Port Nelson bestaan, maar dit is intussen verlate en nou 'n spookdorp.
Sedert 1977 word sowat 60% van die parallel vloeiende Churchillrivier se water in die Nelsonrivier omgelei – sowat 760 m³/s. Die gemiddelde afloop aan die Nelsonrivier se monding het as gevolg van die hidro-elektriese projek van voorheen 2 370 m³/s tot nou 3 130 m³/s gestyg.
Die Nelsonrivier het sy naam aan die Engelse ontdekkingsreisiger Thomas Button, wat in 1612 aan sy monding oorwinter het, te danke. Hy het die rivier na Robert Nelson, 'n seevaarder wat daar dood is, genoem. Om beheer oor die Nelsonrivier is tydens die koloniale tydperk geveg, aangesien dit 'n belangrike vervoerpad in die pelshandel van die streek was.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads


