Natriumboorhidried
chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Natriumboorhydried (of natrium(tetra)hidroboraat)) is 'n gemengde hidried van natrium en boor met formule NaBH4. Dit is 'n sterk reduseermiddel.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Natriumboorhidried |
Sistematiese naam | Natriumtetrahidridoboraat(1–) |
Chemiese formule | NaBH4 |
Molêre massa | 37,83 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 16940-66-2[1] |
Voorkoms | Wit vastestof[2] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=616,35 pm; [2] |
Ruimtegroep | Fm3m[2] |
Nommer | 225 |
Schönfliess-simbool | O5h |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | 505 °C[2] |
Kookpunt | ~400 (ontbind) °C[2] |
Digtheid | 1,08 [g/cm3][2] |
Oplosbaarheid | 25 [g/100g] (ontbind teen lae pH) |
Brekingsindeks | 1,547[2] |
Termodinamies | |
ΔfHɵ | -183 [kJ/mol] |
Warmtekapasiteit | 86,5 [J/Kmol] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | 69 °C |
LD50 | 56,57 [mg/kg] rot; oraal[1] |
LC50 | 74 [mg/L]; vis, 96 uur.[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Die stof los op in water en dit is stabiel teen hoë pH. Met sure ontbind dit en vorm waterstof. Hoër temperature versnel die hidrolise.
Die verbinding het teen kamertemperatuur 'n wanordelike kristalstruktuur wat van tafelsout s'n afgelei is. (Strukturbericht-klassifikasie B1). Natriumione vorm 'n vlakgesentreerde kubus soos in NaCl. Boor word tetraëdries deur vier waterstofatome omring en die [BH−4-ioon neem die plek van die chloorioon in, maar hulle oriëntasie kan wissel.[2]
Teen laer temperature soos 190K word die struktuur tetragonaal. Die oorgang is 'n faseoorgang van tweede orde.
Daar is verskeie maniere om natriumboorhidried te maak.[2] Dit kan bv. uit diboraan en natriumhidried in 'n geskikte oplosmiddel vervaardig word. 'n Triëter soos diglyme (1-metoksie-2-(2-metoksietoksi)etaan) word gewoonlik as oplosmiddel gebruik.
'n Ander metode gebruik trimetielboraat B(OCH3)3 as katalisator:
Hierdie proses verloop sonder oplosmiddel.
'n Mens kan ook van natriummetoksied NaOCH3 uitgaan:
Natriumboorhidried is goed oplosbaar in polêre oplosmiddels met 'n hoë diëlektriese konstante. In waterige oplossing vind hidrolise van die hidroboraat plaas, maar dit sal die oplossing basies maak en die hidrolise vertraag teen hoë pH. Die algemene reaksie is:
Dié hidrolise erhoog die pH en stel waterstof vry maar die meganisme is ten spyte van baie navorsing nie duidelik nie.
Die stof kan uit sterk basiese oplossing herkristalliseer word, wat as suiweringsmetode gebruik kan word. Onder 35 °C word 'n hidraat NaBH4.2H2O gevorm en dit kan in die oplosbaarheidskromme goed gesien word.
Natriumboorhidraat is 'n belangrike reagens in die organiese chemie. Dit reduseer 'n aldehied (alkanal) tot 'n primêre alkohol en 'n ketoon (alkanoon) tot 'n sekundêre.[3] In teenstelling tot litiumaluminiumhidried tas dit karboksielsure or esters nie aan nie:
Dit kan 'n imien reduseer:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.