Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Natal (Engels: Colony of Natal) was 'n Britse kolonie in Suider-Afrika. Dit is op 4 Mei 1843 'n Britse kolonie verklaar nadat die Britse regering die Boererepubliek Natalia geannekseer het. Die kolonie is op 31 Mei 1910 saam met drie ander kolonies verbind om die Unie van Suid-Afrika te vorm. Die ou kolonie maak vandag deel uit van die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal.
| |||||
| |||||
Volkslied: God Save the King (1901–1910) God Save the Queen (1843–1901) | |||||
Ligging van die Natalkolonie tussen 1843 en 1910 | |||||
Hoofstad | Pietermaritzburg 29°35′S 30°25′O | ||||
Taal/Tale | Afrikaans, Engels, Zoeloe | ||||
Godsdiens | Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk, Hindoeïsme, Presbiteriaanse Kerk, Rooms-Katolieke Kerk | ||||
Regering | Monargie | ||||
Monarg | |||||
- 1843–1901 | Victoria | ||||
- 1901–1910 | Edward VII | ||||
- 1910 | George V | ||||
Eerste minister | |||||
- 1893–1897 | John Robinson | ||||
- 1906–1910 | Frederick Robert Moor | ||||
Luitenant-goewerneur | |||||
- 1845–1849 | Martin West | ||||
- 1910 | Paul Methuen | ||||
Historiese tydperk | Wedloop om Afrika | ||||
- Stigting van die Natalkolonie | 4 Mei 1843 | ||||
- Verowering van die Natalia Republiek | 12 Mei 1843 | ||||
- Zoeloe-koninkryk geannekseer | 1897 | ||||
- Stigting van die Unie van Suid-Afrika | 31 Mei 1910 | ||||
- Stigting van die Natalprovinsie | 31 Mei 1910 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1904[1] | 91 610 km2 35 371 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1904[2] skatting | 1 108 754 | ||||
Digtheid | 12,1 /km² 31,3 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Pond sterling |
Natal was oorspronklik net die helfte van die grootte van die huidige provinsie, met die noordoostelike grense wat deur die Tugela- en Buffelsriviere gevorm is en waarbuite die onafhanklike Zoeloe-koninkryk (of Wene wa Zulu in Zoeloe) gelê het. Die huidige provinsie is ook vergroot met die toevoeging van Griekwaland-Oos aan die suide.
Hewige konflik met die Zoeloe-bevolking het tot die ontruiming van Durban gelei, en uiteindelik het die Boere die Britse anneksering in 1844 weens militêre druk aanvaar. 'n Britse goewerneur is vir die streek aangestel en menige setlaars het daarheen uit die Kaapkolonie en Europa geëmigreer.
Die Britte het 'n suikerrietbedryf in die 1860's gestig. Plaaseienaars het dit moeilik gevind om die Zoeloe-arbeiders te lok om in die plantasies te werk; gevolglik het die Britte duisende gekontrakteerde arbeiders uit Indië met vyfjaar-termyne na Natal gebring. As 'n gevolg van die aankoms van Indiese arbeid het Durban tot die grootste Asiaties-Suid-Afrikaanse gemeenskap gegroei. Durban en omstreke is ook bekend om tans die grootste Indiërgemeenskap buite Indië te huisves.
# | Naam | Party | Ampsaanvaarding | Amp verlaat |
---|---|---|---|---|
1 | John Robinson | Onafhanklik | 10 Oktober 1893 | 14 Februarie 1897 |
2 | Harry Escombe | Onafhanklik | 15 Februarie 1897 | 4 Oktober 1897 |
3 | Henry Binns | Onafhanklik | 5 Oktober 1897 | 8 Junie 1899 |
4 | Albert Henry Hime | Onafhanklik | 9 Junie 1899 | 17 Augustus 1903 |
5 | George Morris Sutton | Onafhanklik | 18 Augustus 1903 | 16 Mei 1905 |
6 | Charles John Smythe | Onafhanklik | 16 Mei 1905 | 28 November 1906 |
7 | Frederick Robert Moor | Onafhanklik | 28 November 1906 | 28 April 1910 |
Bevolkingsgetalle volgens die 1904-sensus:[3]
Bevolkingsgroep | Getal | Persent (%) |
Swartes | 904 041 | 81,53 |
Asiërs | 100 918 | 9,10 |
Blankes | 97 109 | 8,75 |
Kleurlinge | 6 686 | 0,60 |
Totaal | 1 108 754 | 100,00 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.