Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NZASM 19 Tonner 0-4-2T van 1891 is 'n negentiende-eeuse stoomlokomotief van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), die voormalige Transvaal-provinsie.
19 Tonner no. 34 by Johannesburgstasie op 15 September 1892 toe die eerste trein vanaf Kaapstad aangekom het. | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Maschinenfabrik Esslingen |
Vervaardiger | Maschinenfabrik Esslingen |
Serienommer | Esslingen 2366–2370, 2408–2412 & 2506–2513, Breda 83-88 |
Klas | NZASM 19-tonner |
Vervaardig | 1890–1892 |
Aantal gebou | 24 |
Herbouer | Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Herboudatum | 1906, 1908–1909 |
Aantal herbou | 10 na spoormotorenjins |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 0-4-2T |
Spoorbreedte | 1 067 mm (3 vt 6 dm) (Kaapspoor) |
Gekoppelde wiele | 1103 mm |
Agterwielomtrek | 762 mm |
Wielbasis | 2500 mm |
Hoogte | 3560 mm |
Massa op dryfwiele | 12 670 kg |
Lokomotiefmassa | 19 250 kg |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 1 520 kg |
Waterkapasiteit | 2500 liter |
Stoomketeldruk | 1103 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 0,68 m2 |
Vuurkastipe | Round-top |
36,0 mm2 | |
– Vuurkas | 3,55 mm2 |
39,7 mm2 | |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 280 mm boor 550 mm slag |
Klepwerk | Allan |
Klepsoort | Murdoch D gly |
Koppelsisteem | Johnston skakel-en-pen |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 34.45 kN @ 75% |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | NZASM Imperial Military Railways Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 24 |
Vlootnommer(s) | NZASM 15-38 IMR 612-635 CSAR F-V, daarna M1 & M3-M11 |
Afleweringsdatum | 1891 |
Eerste tog | 1891 |
In 1891 en 1892 bestel die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM) 24 0-4-2 19-ton tenklokomotiewe. Die lokomotief is deur die Duitse firma Maschinenfabrik Esslingen ontwikkel. Hulle het 18 van die lokomotiewe gebou en die ander 6 lokomotiewe is deur die Nederlandse firma Machinefabriek Breda v/h Backer & Rueb gebou.[1][2] Die lokomotiewe is in diens gestel voordat die Randtrem se spoornet met die buitelandse spoornetwerke verbind is.
Ná die Tweede Vryheidsoorlog is die lokomotiewe aan die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) oorgedra. Tussen 1906 en 1909 is tien van die lokomotiewe deur die CSAR as spoormotorenjins vir gebruik op voorstedelike dienste herbou.[3][4][5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.