Moustafa Kamal Madbouly (Arabies: مصطفى كمال مدبولي) (gebore 28 April 1966)[1][2] is 'n Egiptiese politikus en ingenieur. Sedert 14 Junie 2018 is hy die 54ste Eerste Minister van Egipte.[3]

Thumb
Moustafa Madbouly.

Madbouly is op 28 April 1966 in Suhaj gebore. Hy het ingenieurswese aan die Universiteit van Kaïro gestudeer. Hy het sy PhD in 1997 ontvang.[4] Vanaf September 2009 tot November 2011 was Madbouly die Voorsitter van die "Algemene Owerheid vir Stedelike Beplanning" in die Ministerie van Behuising en Stedelike Ontwikkeling; hy was ook uitvoerende direkteur van die "Instituut vir Opleiding en Stedelike Studies" in die "Behuising en Konstruksie Navorsingsentrum" van hierdie ministerie. Van November 2012 tot Februarie 2014 het hy as streeksdirekteur vir die Arabiese Wêreld in die Verenigde Nasies se Menslike Nedersettingsprogram gedien. In Maart 2014 is hy onder Ibrahim Mahlab as minister van behuising aangestel. In November 2017 het hy vir die eerste keer tussentydse eerdte minister geword nadat eerste minister Sherif Ismail na Duitsland gevlieg is vir mediese behandeling. Op 14 Junie 2018 is hy as Eerste Minister van Egipte aangestel.

Mustafa Madbouly is polities onafhanklik en behoort tot Egipte se Moslem-meerderheid.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.