Moreletaspruit
rivier in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
rivier in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Moreletaspruit is 'n rivier in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is 'n sytak van die Hartbeesspruit.[1] Die naam is afgelei van moretla, die Sothonaam vir die rosyntjiebos (Grewia flava).[2]
Moreletaspruit Moretelerivier; Morelettaspruit | |
---|---|
Moreletaspruit in die Faerie Glen-natuurreservaat | |
Stroomgebied | Gauteng |
Oorsprong | Pretoria-Oos |
Monding | Hartbeesspruit |
Koördinate: 25°40′51.22″S 28°17′22.46″O |
Die spruit ontspring in Moreletapark, Garsfontein en gedeeltes van die plaas Tweefontein in die ooste van Pretoria en vloei noordwaarts deur Faerie Glen, Lynnwood Glen, Lynnwoodrif, Lynnwood Manor en Murrayfield waar dit onderdeur die N4-nasionale pad vloei. Noord van die N4, vloei dit deur Val de Grace, Silverton, Waltloo en verby Eersterust waar dit onderdeur die R513-streeksroete vloei en by die Hartbeesspruit aansluit. Saam vloei hul daarna in 'n noordoostelike rigting tot in die Roodeplaatdam.[3]
Die Moreletaspruit is 'n standhoudende stroom wat deur verskeie sytakke gevoed word. Die bron van die stroom is uit die malmani-dolomiet wat in die suide van Pretoria gevind word. Die dolomiet is gespleet en stoor aansienlike hoeveelhede water, wat 'n paar fonteine laat ontstaan.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.