From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Monument De Wet is 'n standbeeld van Christiaan de Wet. Die standbeeld staan op die Otterlose Zand in die Nasionale Park De Hoge Veluwe in Nederlandse provinsie Gelderland. Die beeld is in 1921 onthul, nadat Helene Kröller-Müller, 'n Nederlandse filantroop, in 1915 opdrag gegee het om die beeld te bou. Die beeld is ontwerp deur Joseph Mendes da Costa.
Christiaan de Wet was 'n persoonlike vriend van Helene Kröller-Müller en haar man Anton Kröller. Tydens besoeke aan Nederland het De Wet dikwels gekuier op die buiteplaas van die Kröllers. Tydens staptogte op die buiteplaas het Christiaan de Wet gesê dat die vir Nederlandse begrippe a-tipiese landskap hom aan Suid-Afrika laat dink.[1]
In 1915 het Helene Kröller-Müller opdrag gegee aan Mendes da Costa om 'n mëtershoë standbeeld vir Christiaan de Wet te ontwerp. Helene Kröller-Müller wou dit laat plaas op een van die vlaktes wat Christaan de Wet aan Suid-Afrika laat dink het. Die standbeeld van Christiaan de Wet moes uitkyk oor die vlakte in die rigting van Suid-Afrika soos De Wet self tydens veldslae oor die vlaktes moes getuur het. Joseph da Menda Costa het die standbeeld tussen 1915 en 1917 ontwerp en gebou, terwyl die standbeeld in 1921 op sy sokkel geplaas is.[2]
In 1935 het op die buiteplaas Nederland se bekendste nasionale park verreis. Hoewel die kunsversameling van Helene Krüller-Möller in 1935 in hande van die Nederlandse staat gekom het, het die buiteplaas die status van nasionale park gekry. In teenstelling met 'n borsbeeld vir M.T. Steyn (De Raadsman) is die Monument De Wet en die President Steynpark en -bank nie in hande van die Nederlandse staat nie, maar in hande van die Nasionale Park. Tydens die ontwikkeling van die Nasionale Park De Hoge Veluwe is 'n pad aangelê oor die Otterlose Zand. Dié De Wetweg is ook na Christiaan de Wet genoem.
Tydens apartheid, waar verskeie beelde in Nederland en Nederlandse besighede wat in Suid-Afrika handel gedryf het te make gehad het met vandalisme en bomaanslae, is Monument De Wet beskerm met 'n hek.
Omstreeks 2000 is die standbeeld gerestoureer. Sedert enkele jare herdenk 'n groepie elke jaar op 31 Mei die slagoffers van die Tweede Vryheidsoorlog by die standbeeld. Tussen 1903 en 1939 was daar in Nederland 'n nasionale herdenking vir die slagoffers van die Tweede Vryheidsoorlog.
Die standbeeld staan alleen op 'n oop vlakte en is ongeveer 13 meter hoog. Dit stel Christaan de Wet voor wat op 'n sokkel staan en teen die wind in oor 'n vlakte tuur. Die standbeeld kyk in die rigting (na die suide) van Suid-Afrika. Die sokkel bestaan uit twee dele, 'n voet en sokkel. Op die voet van die sokkel is sestien Boere-generaals en Staatspresidente afgebeeld, waaronder Paul Krüger en M.T. Steyn.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Monument De Wet. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.