Remove ads
Amerikaanse aktivis en voormalige amptenaar van die Withuis From Wikipedia, the free encyclopedia
Monica Lewinsky (gebore op 23 Julie 1973 in San Francisco) is 'n Amerikaner van Joodse afkoms. Sy is 'n voormalige amptenaar van die Withuis. Sy het opslae gemaak met haar erkenning dat sy 'n onbehoorlike verhouding met die destydse Amerikaanse president, Bill Clinton gehad het[1] terwyl sy in 1995 en 1996 by die Withuis gewerk het. Die verhouding en nasleep daarvan staan as die Lewinsky-skandaal bekend.
President Clinton het aanvanklik die bewerings onder eed ontken. Toe meer besonderhede oor die verhouding begin uitlek, het lede van die Republikeinse Party 'n afsettingsprosedure (impeachment) teen hom begin omdat hy onder eed gelieg het. Die afsetting is egter nie deur die Senaat aanvaar nie en Clinton kon sy termyn voltooi.
As gevolg van die skandaal het Lewinsky wêreldwyd beroemdheid verwerf. Sy het daarna by 'n verskeidenheid ondernemings betrokke geraak, onder andere die ontwerp van 'n reeks handsakke onder haar naam, advertensiewerk vir 'n dieetplan en werk as 'n TV-persoonlikheid. Daarna is sy na Londen om vir 'n meestersgraad in sielkunde te studeer.
Teenwoordig is sy ook 'n anti-bullebakaktivis.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.